spieël
–
leke
preek woorde
uit hul gedagtes
verwarrende lering
wat mense laat twyfel
hoe meer hul dit spreek
hoe groter hul oortuiging
dat hul nie verkeerd is nie
–
kwakke
skryf pille voor
vir goed gelowiges
wat glo dit maak reg
wat verkeerd is in hul
hoe meer pille hul drink
hoe meer moet hul neem
een pil werk teen die ander
–
digters
rol woorde toe
in soet papiertjies
emosionele reaksie
wat mense laat dink
selfs ‘n traan laat pik
hulself daar in wil lees
net om ook deel te wees
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.