Tussen branders
– met bonsende hart bestyg hy vanoggend die duin van sy hart – tussen branders lê daar trane en wag is daar mooi en pyn – later, veel later sal die wind weer waai wolkies reën giet – geen meeu sal kerm geen seevoël sal kekkel geen mossel blaas – tussen golwe lê daar verdriet […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 11
Hoofstuk 11 – Die siklus is voltooi So breek Zuluika se laaste twee weke aan en huil sy wanneer dit nag word, nog een dag nader aan die weggaan, en vra sy haarself, ‘kan sy nog ʼn verlies hanteer’, sy weet, al was daar nie ʼn Maxi in Mauritz se lewe nie, haar plek is […]
Lewensdraad
Gespan om die kamp elke hektaar toegekamp snaarstyf doringdraad hoekpaal, ankerdraad skeidingsdraad grense bepaal Geroeste draad met ouderdom ankerpaal en spar verbrokkel met wind en weer lot verseël vernietig met vuur nie meer gepaste skeiding grense onbepaal Growwe Hand rustig ingespan vervang gebroke paal en geroeste draad skitterblink nuwe draad grense weer bepaal hart en […]
Silwer
Uit klip versamelde erts vysel gestamp dooie stof kroes gesmelt edelmetaal gesmee deur smid in plate skitter silwer, nuwe vorm lig uit silwerkandelaar Uit water versamel donkerwolke stukkie oseaan silwerlewende water blitse slaan val silwer druppels gesmee in silwer vlae van reën donkerwolk silwerrand skitter lewe silwer na die reën Uit silwerstof gevorm Meestersmid silwerdraad […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 9
Hoofstuk 9 – ʼn Nuwe Geheue Zuluika voel ʼn opgewondenheid wanneer sy en Mauritz met hulle bagasie deurstap na haar kamer, ‘vir vandag is hulle alleen’, en die vreugde verstom haar. Hy draai om by die deur, “Sien jou oor ʼn uur in die ontvangs,” hy weet hy moet nou eers ruimte tussen hulle kry […]
soos ‘n kind
– soos kinders van die oseaan spoel die branders liggies uit val weer terug na hul moeder strepe van skuim op die sand – vriendelik, sagmoedig en hoopvol eerlike oortuiging van geloof en blydskap so spoel branders van Jesus se kinders oor die vol strande van die lewe – ©Teãrlach
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 8
Hoofstuk 8 – Troos uit dit wat was Die oggend begin rustig, sy ken pasiënte aan die nuwe studente toe, en verkry ʼn bietjie agtergrond oor die nuwe drie se ondervinding sodat sy kan bepaal hoe sy kan aanvul wat hulle kort kom. Hulle stap saam met die saalsusters deur die sale, en die nuwe […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 7
Hoofstuk 7 – ʼn Nuwe Aanvaarding Die rit af teen die berg is glyerig, maar verloop voorspoedig. Die studente en die ander passasiers gesels aanhoudend, en Zuluika se gedagtes gaan terug na haar studente dae op Tukkies. Sy onthou veral die busritte van die Tukkies Filharmoniese Orkes wanneer hulle opgetree het, en sy verlang na […]
Kyk na die berge en wag
Kyk na die berge en wag ‘n Glorie ongekend ontwaak in die ooste, wit, geel, oranje en rooi verkleur grys, grou wolke, laasnag se reënreuk bly hang, nuut en vars in die vroeë môre. Teen die kranse bulder bobbejane, ‘n suising van natuurgeluide weerklink, grasieus sweef voëls in stilte op die koel luggie… So asemrowend […]