Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 19
Hoofstuk 19 – Soveel seëninge Hy haal haar in voor sy deur die sekuriteitshekke gaan, “Kan ons asseblief net eers sit om oor Cordier te praat, oor wat gedoen moet word sodat jy en hy ʼn eenheid kan wees.” Die woorde dwing haar tot stilstand, maak haar besin, maak haar helder dink, Zuluika weet die […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 18
Hoofstuk 18 – Die laaste waarhede Hulle vat die pad vroegoggend, twee dae later na Paulpietersburg, na haar pa se plaas. Zuluika weet sy wil by die begin, begin, eers die plaas, en daarna die pad wat sy daardie dag geloop het toe sy besluit het om nooit weer terug na die plaas te gaan […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 17
Hoofstuk 17 – Seëninge uit die Verlede Die oggend van nege en twintig Mei skakel Joos, en vra of Zuluika reg sal wees om die volgende week in Pretoria te wees. Die SAPS ondersoek is afgehandel, hulle is gereed om eers die betrokkenes in te lig oor hul bevindinge, voor hulle die feite openbaar sal […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 16
Hoofstuk 16 – Die pad na Vrede Joe en Joos besluit om agtermekaar te ry terug Ladysmith toe. Hulle stop by Villiers vir ʼn koppie koffie en ʼn toebroodjie, en Zuluika weet wat sy moet doen, “Oom Joos, Joe, ons moet Marie en Julia gaan inlig oor wat ons weet, voor dit in die media […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 15
Hoofstuk 15 – Hoe wreed die waarheid Zuluika sê dit wat ook in Joe se gemoed is, “Ons kan nie hierdie sak plaas toe neem nie, ons moet dit so gou as moontlik vir oom Joos gee,” en hy stem saam. “Joe stop asseblief, ek wil eers oom Joos skakel en raad vra.” Sy skakel […]
Waterstrome
Die lewe is ‘n drukpot dit voel my almal smee ‘n komplot om my tot waansin te dryf ‘n gekke met my lyf die huis het nie ‘n opwasbak my man is weg sak en pak die kinders is besig met hulle eie dinge die lewe knoop my met sy stringe maar net voor ek […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 14
Hoofstuk 14 – Terug na Onthou Hulle ry vroeg oggend na Pretoria, en gaan tuis by die Castle Ridge Gastehuis. Hulle ry deur na die middestad en ontmoet Lize vir middagete by Cafe Riche, en lig haar in oor hul voorneme. Lize kyk na Zuluika, sy sien die vasberadenheid, maar ook die vrees en hartseer. […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 13
Hoofstuk 13 – Hoop op Vergifnis Met ontbyt dui Lize aan sy het verlof geneem om tyd met Zuluika deur te bring, en Zuluika voel aangedaan oor die meelewing van hierdie mens met haar. “Wanneer wil jy deurgaan Ladysmith toe om Joos te sien?” “Ek het gedink om Maandag te gaan, wil eers die naweek […]
Vasgehou verlore
Vasgehou verlore By die wegspringblok het hy die leisels vasgemaak Hy het vasgehou sodat sy nie wegraak reeds tóé is die baan uitgelê so is daar vir haar gesê. In die suigeling skoene het sy mooi begin loop haar toekoms vir haar uitgekoop. Die tiener jare was sy anders en alleen al was sy goed […]