Ingelegde Sterre
in my drome swem gedagtes rond ver in die hemelruim verby reik ek uit na die sterre en vang hulle een vir een op die melkweg langs waar jou hande my omvou tussen wolke sweef ons heen soos ingelegde sterre gebotteld ons oë vasgevang flikkerend glimlag ons breed vir mekaar die soetsmaak van liefde opgetower […]
sielsvreugde
ons is leeg krom onder die stilte en tog blaas die laaste lentegeure oor ons afgeslotenheid en beeldkleur eensaamheid na ryk sielsvreugde
Somerglans
O, mooiste maand Kom kelk oor aard’ jou fleur Tros welriekende balsem Oor laaste winterreste Bot gul nuwe verwagting om Eersug aan te wakker, en Rugsteun somerglans met vreugde! ©Driekie Grobler
Bottelskim
Ek wil jou in ‘n bottel bêre in die binnesee van my siel sodat ek eendag weer kan onthou hoe jy my hart laat klop het toe lig deur my vingers wou glip toe vryheid in my om my vlerkloos gefladder het toe my spore soos wasemwolke tussen sonverslaafdes verdwyn het want sonder dat jy […]
BOS BLOMME
Wanneer jy weer Paarl toe ry pluk vir my varkblomme langs die pad sodat ek op ‘n gepaste oomblik myself in die lente kan verloor en wanneer jy weer huistoe kom gee vir my jou ongetemde hart sodat ek ook soos jy kan asemhaal wanneer die dag haar ure oor my eb en vloed. Ja, […]
My vrolike lenteversie (Silwer)
Ek gee vir jou ‘n pot om vol lenteblomme te stop: gulhartig van kleur, welriekend van geur. Ek nooi jou saam op ‘n wentelbaan van oorvloedige geluk in ’n liefdestuin gepluk. Ek wys jou gul die vreugde toegehul van sonskynlag in elke nuwe dag. Die ware vind van eensgesind, in ‘n hart vol hoop vir […]
Lente-ontwaking (Silwer)
“Dis heerlike lente, die winter’s verby” bruis die woorde van die ou kinderliedjie ritmies deur my stram wese. Daar’s behoorlik ‘n huppel in my stap (al is dit net in my gedagtes) want gedurende die afgelope wintertyd (letterlik en figuurlik) het ek ‘n hegter verhouding met swaartekrag gevorm. Omdat my voete so stewig geanker is […]
lente
kleurvolle lente rooigeel blomme in oorvloed pers geur my vrolik wit weerspieël my trane in verliefdheid en vreugde *Let wel dit is ‘n tanka gedig en die foto is my eie foto (kopiereg)
droom… (Silwer) 326 woorde
‘n Mens is nooit te oud om te leer nie. Op geen ander plek op aarde verstaan jy dit beter as in die ronding van ‘n plomp kinderarmpie om jou nek nie. Wat sy vir my wou sê, was baie belangrik en die oogkontak was nie na wense nie. Wanneer die ogies met groot erns […]
Wanneer die Koraalboom blom
hier waar ek in koel lentelug luier dwaal my oë oor spatsels groen wat guitig loot verstar my blik opeens teen skeloranje wat aan blaarlose takke bot soos opgepofte verevingers sprei dit uitlokkend oop penorent soos kokketielkuifies wat my oë dankbaar boontoe stoot en al huiwer winter nog in sug dring helder die boodskap deur […]