Een Geel Roos
Stuur my net ‘n enk’le geel roos, om te sê: “Ek het jou lief,” om my te troos, as jy vêr weg is, my Lief. Stuur my net ‘n enk’le geel roos om jammer te sê, want jy weet ek is broos, as ons woorde sou hê. Gee my net ‘n enk’le geel roos as […]
‘n Nota op jou kopkussing (2)
Sou ek die dagbreek in ‘n mandjie vir jou vang en goudgeel rosies aan die rante hang sal jy dán met liefde na my kyk wanneer die donker voor die lig kom wyk? © Anton Bosch 23/11/2018
Sag soen die Nylstroomson
my hart lê vasgevang in Nylstroom se natuur waar in die gloed van ‘n laataand vuur onder die hemelkom hang is die groot genade (asof sonder swaartekrag) gevul met Vryheid van Bo die mooiste van mooi is die sonsopkoms oor die Springbokvlakte; dis daar waar die son haar roete na opkoms verpas en ‘n wyle […]
Mensgemaakte boeie
Wanneer jy snags nie kan slaap nie, gaan jou gedagtes baie maal heeltemaal op loop. Dit is so half of dit iets buite jou is en jy is net die toeskouer, of in hierdie geval, die toehoorder. Soms gaan jy op ‘n ongekende reis, ander kere is dit ou bekende stofpaaie waarlangs jy al male […]
Strandfontein
(goud) Ek wil weer een oggend langs jou weskus sit en mosbeskuit in my koffie doop; hoor hoedat branders teen jou lang strand breek en ’n myl of twee deur die wit mis loop. As die nag verby is en die dag ontwaak (om kraakdelikaat aan my vel te raak) – wil ek jou see […]
Jy is my vrede
waar jy my hare saggies in sterstof verf het die maan jaloers gekyk hoe die melkweg in spikkels deur my oë tree my vingers boetseer jou hart se klop as jy ‘n duisend vuurvliegies inmekaar vleg en dit laat sirkel om die skerfiemaan tot dit in my hartklop kon anker gooi die son van jou […]
Droomspore
deur die kneusing van ‘n gewonde droom was jou stem die lullaby wat my kon tula teen die skeuring van die wegholwind die wêreld lê verdwaald in die leegheid van my woorde en my trane word ontvlugtingsbrûe op papier tog word drome hergebore (al loop spore dood) en kry hoop nuwe ankers in bloureënblomme as […]
Woordeloos verloof
Dit was ‘n Sondagoggend op ‘n skulpiestrand in Seepunt toe jou tong in jou mond gestol het toe huiwering rooi oor jou wange gekruip het en die see onseker om ons voete gekolk het Maar ‘n ander Sondag op die Seepuntpromenade lag ons kinders oopmond op die swaaie hul wange is gloeiend genot in die […]
Riebeek Wes
Ek het op die hoek van Hofstraat gestaan en snaaks gekry vir myself; ek is pad af, ver van waar ek tuis voel maar hier by Kasteelberg se voet het ‘n ongekende ding my gegroet – ‘n salige vreedsaamheid om die lyf van die mistige horison sonder skaduwees, kronkelpaaie en kwispelende gedagtes – net wye […]