Oudag se Onthou
Daar is liefde op jou lippe as jy my sag kom soen en die kyk in jou oë is die vuur wat smeul in die smeltkroes van verlange… jou asem in my nek is die wind onder my vleuels wat my dra oor berge en die hoogste pieke tot ons saam in ‘n draaikolk tuimelval […]
Die Storie Van Ons Liefde
Kom luister na die wysie van my hart as dit in harmonie met joune saamklop en ons drome in die kaggelvuur sien dans terwyl die duister om ons huiwer En die lag diep in jou oë weerklank vind Dan sing ons sonder klanke En ons dans in gees tesame Tot die môre ons kom wakkermaak […]
Nuwe Skepping
ek is die bosveld jy is die see jou ruwe branders storm teen my skurwe bas die krys van jou meeue eggo die visarend se roep as jou walviskinders baldadig bokspring en my impalas grasieus deur mopanieveld swem tot jou blou oopsee dieptes met my goud grasvlakte oseaan versmelt tot ‘n maalkolk van stormsee woestynland […]
Die versteende son
Die versteende son (Goud) onder die sirkels van die songloed in die vlamrooi van die aalwynblom het jou emosies oop en vry gelê terwyl die dieptes van jou kyk die landskap in groen laat bot daar waar die duine hulle kruise trek en die doringbome hul skadu’s los het die tyd stil gaan staan onder […]
Passie
Hart roep na hart onder Afrika son dis die eeu’ ou herhaling van die liefde wat blom van hande eers soekend en lippe dan dwingend van lywe verstrengeld en harte wat een klop op oer-oue ritme teen steilte die berg op tot die piek voor jul buig die emosies dra verder soos die arend se […]
Maanligserenade
Die maanlig sypel skaam-skaam deur my kamerruit bekruip my bed met skugter skuifelgang ek hou my asem op sy straal skep moed gly soepel stroom-op teen die laken totdat hy dapper kop uitsteek oor die bed se rant en ewe sensueel jou enkel opeis, gretig teen jou been opkruip sy liefkosing so sag jou slaap […]
Wees nooit weer bang nie
Wees nooit weer bang nie Jy hoef nie te verlang nie Want ek is by jou Sien jy hoe ek ry Op die son se straal As dit vrolik in die oggend Deur jou ruite gly? Voel my as die wind Deur jou hare streel Ek is die musiek Wat jou hart kom steel Ek’s […]
Soos bloed 3. Sprokie vir ‘n babakind
Sneeuwitjie is in ‘n glaskas styf vas teen my bed. Oom Dokter sê sy is gesond, die sonarboontjie sonder smet! Maar – anders as die storie – is sy sag en donsigrond en oral rosig rooi. Haar haartjies wit soos sneeu, lyk niks na ebbehout en ogies sluit nog die geheim van blou en vrolik […]
Wanneer dit reën in Parys
Wanneer skugter kaleidoskoop klanke met sysagte sonstrale om hoop dans reis ek so graag tussendeur gister en vandag se nou spasies saam met tyd en sy gesange tot in Parys en haar warm reën nagte skuins voor oggend melodieë toesak met tortels wat ‘n stad ontwaak en my fyn geflenterde heimweë diep sug spring ek […]
Ontvlugting
Neem my op reis na Normandië, waar kobaltblou branders breek oor wit strande. Kom ons hardloop deur rooi papawerlande; waar heuwels hang aan die Franse son. Ons oes die geure van die noorde; vermy die stede! En later swerf ons tussen Vincent se stêrre tot by Arles, in die suide. Ons baljaar in weerbarstige kleure […]