Verslane loutering
my menswees se loutering lê in die blou weerkaatsing van my oë – in die klop van my witsandhart soos ‘n eggo oor die ronding van ‘n duin daar waar my drome toegewaai lê loop my spore afge-ets op klam sand onder soutlug as nostalgie my na die bloudam jaag soekend na lang vergete illusies […]
Die Mooi Binne Jou
Toe ek verby jou vel kon kyk en dieper sien hoe jy, die mens, nou waarlik lyk was ek verstom oor al die skoonheid wat daar in een mens kan blom die reënboogkleure is te min om al die mooi wat binne jou is uit te bring ©14/12/2018 Anton Bosch
Droomverlore
As ek jou hand in my drome vat en ons wandel saam op my hart se pad sal ons twee droomverlore raak daar wat net die liefde saak sal maak © 14/12/2018 Anton Bosch
‘n Nota op jou kopkussing (5)
As die maan opkom teen middernag waar ek vir jou by die leivoor wag, sal jy my dan in die maanlig soen soos feëprinsesse in verhale doen? © 13/12/2018 Anton Bosch
Sterreruiker
Ek wil die maan en die sterre pluk en in ‘n ruiker net vir jou rangskik… © 13/12/2018 Anton Bosch
Mag Ek Jou Vra?
Mag ek jou vra hoe lief jy vir my is? Wanneer die swart verdwyn en al wat oorbly is die silwer op my hoof en as my kragte my verlaat om als vir jou te doen soos wat ek so graag wil, en as die dag dalk kom waar selfs jou lieflike gelaat vir my […]
Hoe Vind Ek Jou Hart?
Hoe vind ek jou hart? Hoe vat ek jou spoor? Het ek jou dalk êrens agter ‘n rooi duin verloor? Wys my jou spoor, wys my jou hart dat ek saam met die wind jou spoor kan vat kyk diep in my oë kyk diep in my siel sal jy saam met my voor die […]
‘n Brief aan jou
Hoe begin die belangrike briefskrywers ‘n brief as hulle nie weet aan wie om dit te rig nie? AAN WIE DIT MAG AANGAAN Nou, daar het jy dit! Hierdie brief kan dan selfs vir jou ook wees, nie waar nie? Maar ha-a, ek wil nie ‘n brief wat ek vir jou skryf, so amptelik begin […]