Mag Ek?
Mag ek jou hand vashou
as ons twee strandlangs wandel
in die laaste strale van die son?
Mag ek jou help
as ons oor rotse klouter om te kyk
hoe walvisse baljaar?
Mag ek jou saggies op jou voorkop soen
omdat jy vir my mooi is
en ek dit bitter graag wil doen?
Mag ek vir jou verhale lees
van prinse en prinsesse
as ons sawens voor die hertvuur rus?
Mag ek jou toevou in my arms
met jou kop hier teen my skouer
wanneer die slaap jou inhaal en jou oë saggies sluit?
Mag ek jou elke oggend weer verwelkom
met ‘n sagte kus wanneer die die son se strale
weer jou skoonheid vir my wys?
Mag ek jou liefhê
met ‘n liefde sonder twyfel
want jy weet vir my is daar net jy?
Mag ek…?
©Anton Bosch 04/10/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.