Jongste aktiwiteit:

Nuwe Skepping

ek is die bosveld
jy is die see
jou ruwe branders
storm teen my skurwe bas
die krys van jou meeue
eggo die visarend se roep
as jou walviskinders
baldadig bokspring
en my impalas grasieus
deur mopanieveld swem
tot jou blou oopsee dieptes
met my goud grasvlakte oseaan
versmelt tot ‘n maalkolk
van stormsee woestynland
vol van ou skipgeraamtes
wat in stilte die wag hou
oor die nuwe skepping….

© 18/02/2011 Anton Bosch




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed