Jy is my vrede
waar jy my hare saggies in sterstof verf
het die maan jaloers gekyk
hoe die melkweg in spikkels
deur my oë tree
my vingers boetseer jou hart se klop
as jy ‘n duisend vuurvliegies inmekaar vleg
en dit laat sirkel om die skerfiemaan
tot dit in my hartklop kon anker gooi
die son van jou liefde het soos
‘n oranje appelkoos geskitter
en my getrek soos ‘n mot na ‘n kers
met my vlerke wiegend op die wind
in jou hitte het ek vrede gevind.
© Anzé Bezuidenhout
3 Kommentare
-
-
VlooiBoynton
Dit is uit die hart uit bitter mooi geskryf!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Martha
Ek kan jou liefde voel! Dit is uitsonderlik gevoelvol geskryf. Jy mag maar dig, hoor!