BEMINDE (Opdrag 7)
BEMINDE my menswees wat smagtend verlang na hande soos veertjies wat saggies kan aai na ‘n mond wat skelmpies soentjies skaai so teer so liefies gepamperlang fluisterend woorde wat streel oor my wang golwende passie soos windjies wat draai vlae van begeerte wat om ons twee waai vas in die vlamme van ekstase gevang vir […]
Kintsugi
Soms moet ek met alle mag die begeerte onderdruk om iemand aan die skouers te gryp en hom/haar ‘n goeie ruk-skud te gee. Skrik tog net wakker! Tweede beste ding om te doen is seker om stil te sit en te wag dat die gevoel iewers moet wegsyfer, tesame met die wete dat nie een […]
Liefdesvlam (OPDRAG 7)
sag lê jy my neer op purper roosfluweel ‘wyl hande liefkosend deur aroma streel skroeiend brand oor letsels seer wat smagtend oopkelk toeskulpverweer my gul nooi tot oorgee en deel die roete volg wat jou tong proe deur onskuld gesteel met soekende lippe wat teer liefdessalf aansmeer – maar hierdie liefdesmelodie orkestreer ‘n wankelnoot laat […]
Homo Sapiens (Opdrag 6)
Voor die grou gat van gister se grens duskantdie kaplyn waar die son val en die maan sy strale blink poets het Alfa sy asem deur Omega geblaas met ‘n ribbekas vol drome sonder vlerke so het die eerste fresko van ons psige vyfhonderd en ses jaar gelede met kwashale konteks verskans ¬ om mans […]
Liefde
Tydlose liefde winter, somer, lente, herfs ons vir ewig saam © 2018 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
GERED ONDER DIE WASBAK UIT (2)
Ek wil jou net herinner dat hierdie ‘n stuk seer uit my verlede is. Ek is, deur genade, genees van depressie! ALLEEN [Een aand by ‘n geselligheid van die skool toe die verwerping en eensaamheid hoogty gevier het.] My hart is rooi soos die rooi-rooi servet op my skoot. Hy skree die skelskree van ‘n […]
GERED ONDER DIE WASBAK UIT (1)
Ek het besluit om hierdie klein getuienis van my tyd en stryd met depressie met jou te deel. Dalk,net dalk, is daar iets in wat vir jou van waarde kan wees. Ek is baie bly om nou te kan sê dat die swart hond nie meer deel van my lewe is nie. Die Here is […]
Genade (OPDRAG 5)
in die oë van ‘n kind neem ek telkens waar ‘n stukkie van U vaderhart staar in verwondering na die son wat soggens die lug met lemoenstof kleur dan borrel my wese oor van dankbaarheid voel ek skatryk en geseën want U liefde is onbeperk (dié) voedingsbron waaruit genade vloei ©Driekie Grobler
Die wêreld moet weet (OPDRAG 5)
As jou hart begin klop en jy dans grasieus jou hart klop dankbaarheid soos reën oor jou spoel goedheid en guns volg jou al jou dae gered deur Sy bloed en jy sing jou hart uit breek die stilte sodat die wêreld kan weet hoop, genade en liefde oorwin altyd © Charne Harding
Opdrag 5: In sinchronie
in jou oë is die kleure van my palet vasgevang en in mooi getooi van rooi vir liefde en geel vir sonskyn – sien ek my beeld wat teruglag en wink na ‘n skoon skilderdoek van nuwe môres waar twee hande in volkome sinchronie ‘n nuwe prent van gisters vergete skilder ©callie 2018