Lepellê – Opdrag 4
luister, die stiltes het verstom selfs lumierstrale gordyndans swygsaam ek wag nog tot jy ontwaak jou asem sag en rustig langs my ek voel jou hand op my lyf (nog naak) luister, die stiltes het verstom jy kreun en draai my stywer in jou arms als raak doodstil, selfs jou asem in my oor © […]
Nagloed – Opdrag 4
jou michelangelo-vingers omvou die bed se styl met jou stadige hand in rus bo jou kop ‘n albaste arm sag gespierd en warm ‘n vag okselhare soos goue waaigras in ‘n waas in Rome staan Apollo armloos (‘n Obeliks-glips altoos?) ‘n voël mag maar op sy klipkop mis want alles van die gode is nou […]
Toegedraai
Opdrag 4 – Suggestie Toegedraai soos die horison se blou soen op die see in mekaar toegedraai teenaan my onder wit satyn wat soos wolke wieg en waai met ritmiese, konstante branderrol oor die wye strand van jou lyf tot ons tuimel, breek en spoel (oor en oor) in mekaar toegedraai © Grootvissie Augustus 2018
Genoeg
In my soeke na aanvaarding het ek net verwerping gevind. My drome was in skerwe. Ek was ‘n bang, verlore kind. Geen huis of heenkome, sonder hoop. Verdwaal en raadop, leeg en sonder moed. ‘n Skadu in die dag se donker. Vermosel deur die lewensvloed. En toe een dag klop jy aan my deur. Wie […]
Rebellie
In die vroëe oggend ure skud ek die duiwel se hand. Veroordeellaars sal verniet hul siele aan hom verpand. Hy ken my goed, ek is wie ek is, geen leun. Daar is geen respek vir wie op die waarheid steun. Geen respek vir die mensdom wat om my maal. Blind en doelloos swaai hul om […]
Woestyn van hoop
Ek staan hier weerloos in ‘n swart woestyn. In die duister is daar geen teken van lig wat skyn. Die vure van my geknakte siel brand laag. My gedagtes warboel, maar is stadig en vertraag. Ek sien die weerlig en wolke, pik, op die horison. Miskien eendag sal ek weer kan staan in die son. […]
LIEFDESDANS
As die son sak in die weste om my rivier in pienk te tooi dan vlieg my hart deur die tralies van my bors ver na die suiderland opsoek na jou… en dan sodra die maan se lig die nag se sluier wegtrek en ou Afrika se veld in nuwe kleure baai ontmoet hy jou […]
Die Bruinoognooi
die bruinoognooi het my hart gesteel die bruinoognooi wat my snare streel die bruinoognooi laat my voete dans die bruinoognooi bring my drome saans dis sy alleen wat die vuur kan blus dis sy die een wat my sawens sus dis sy die een wat my hart laat klop dis sy die een wat my […]
VERGANKLIK – Opdrag 3
Stiltes breek verledes en sonder aansien val gedagtes, gedaantes en gebeentes daarom het sy dit malkik gedeel toe alles nog toe was, verkluis in ‘n môre wat dalk nooit sou kom met mense sonder grense en halfvol spense wat klaar gepraat het sy kon net sowel langer gewag het, maar dan kom traag ‘n dag […]