
Die Bruinoognooi
die bruinoognooi het my hart gesteel
die bruinoognooi wat my snare streel
die bruinoognooi laat my voete dans
die bruinoognooi bring my drome saans
dis sy alleen wat die vuur kan blus
dis sy die een wat my sawens sus
dis sy die een wat my hart laat klop
dis sy die een wat my asem stop
dis haar oë se kyk wat haar hart verraai
dis haar asem op my wang wat my kop laat draai
dis haar vingers in my hare wat my siel kan raak
dis haar soen in my nek wat my mal kan maak
dis die liefde wat sy gee wat die son laat skyn
dis die omgee in haar hart wat die seer laat kwyn
dis die lag in haar oë wat die dagbreek bring
dis die vreugde in haar siel wat ons saam laat sing
die bruinoognooi bring my drome saans
die bruinoognooi laat my voete dans
die bruinoognooi wat my snare streel
dié bruinoognooi het my hart gesteel
© Anton Bosch 26/07/2018
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 – OOP projek