Genoeg
In my soeke na aanvaarding
het ek net verwerping gevind.
My drome was in skerwe.
Ek was ‘n bang, verlore kind.
Geen huis of heenkome, sonder hoop.
Verdwaal en raadop, leeg en sonder moed.
‘n Skadu in die dag se donker.
Vermosel deur die lewensvloed.
En toe een dag klop jy aan my deur.
Wie sou dit kon raai?
Jy breek deur al my pantser mure.
Jy het my wêreld op sy kop gedraai.
Ons was nie meer verlore.
Jy het my verlos en vry gelaat.
Met jou lig het jy my monsters verower.
Jy het my by “Hello”, gehad.
Alles wat jy is, is beeldskoon my lief.
Jou oë my noordster in storms van droef.
Jou arms is my huis, my blydskap.
Jy is perfek… Jy is my genoeg.
Jou glimlag red my lewe.
Jou hande heel my gees.
Dankie, my Skat, jy het my geleer
die vryheid om genoeg te wees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.