Wysheid
Van waar kom menslike wysheid?
Kom dit dalk van pyn en vrees?
Miskien ontdek jy dit in grysheid…
Of in die swaarkry van die gees?
Verdiende lesse is bitter duur betaal.
Verdiende respek dra die swaarste seer.
Maar die waarheid bly maar bitter vaal…
Jy is tog wat jy uiteindelik vereer.
Die lewe is regreer deur dwase.
Almal wil net speletjies speel.
Die bly ‘n duister fase,
waar die mensdom net jou onskuld steel.
Wat her geword van hoop en geloof?
Is die Bybel tog net ‘n fiksie boek?
Die mensdom hou hul siele doof,
maar almal sal steeds heenkome soek.
Ek kyk op na die berge hier.
Word daar vir my hulp ontbied?
‘n Vasgevangde, flou, blou vuur…
Daar is ‘n skadu oor my siel gegiet.
Onbedeidend en alleen, sonder pas.
Verdwaal en verlore in die nag.
Opsoen na wesens wat eens was…
maar nou moet skuil in die nag.
Alleen in die mengelmoes.
Onseker van wie ek is.
Herrinneringe is dood en oor-geroes.
Ek vind myself altyd keer op keer mis.
Om vrede te moet vind in ontevredenheid en pyn,
is hoe ons onregverdig al ons lesse leer.
Dis hierdie marteling wat my gees laat kwyn.
Hier waar ek weisheid vind in al die seer.
Ek soek slegs rus en vrede,
‘n lêplek vir my kop.
Ontvlugting van ‘n donker verlede…
My moed en sterkwees op.
Die prys van wysheid is onbepaalbaar hoog.
Die juk is groot en bitter swaar.
Die damme in my hart is droog.
Ek voel op… my weisheid klaar…
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.