Jongste aktiwiteit:

Weerkaatsings

Stil, verstom, staande voor ‘n gekraakte gesig.
Die weerkaatsing dans en lag in die lig.
Ek sien, maar is blind en die beeld verwyn.
Net om weer in my nagmerries te verskyn.

Roekeloos en rusteloos hierdie gedagtes van my.
Waar ek die waarheid dag en nag probeer vermy.
Dit wemel binne my. My vel is dun.
Ek struikel steeds om my vrouwees te herwin.

Die duister sak toe en sluk my vlees.
Die nag alleen ken die geheime van my gees.
Dis altyd dieselfde, aan die einde van die dag,
wanneer ek wegraak tussen duiwles wat luidkeel lag.

Die storm woed voort en veroorsaak meer pyn,
soos wat my wese in die niet verdwyn.
My verse word waar in die donker stille nag.
Hul sê mos dis die laaste wat die lekkerste lag.

Al wat ek ken is van trane stort en ly in hartseer hel.
Dit is my gedagtes en hede wat my hart so kwel.
Ek wil regkom op die regte spoor.
Ek kyk terug na die gesig… Ek gaan alles verloor…




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed