Jongste aktiwiteit:

Vervreemdeling

Tussen Hemel en Aarde staan ek alleen,
van vriende en die mensdom het ek myself vervreem.
In die mis van die more prober ek dink,
maar al wat antwoord is my gedagtes wat weerklink.

Ek klou aan jou, my enigste uitweg.
Ek staan stil, verstom in ‘n stryd tussen goed en kwaad.
Jy hou jou hand uit en roep my naam.
Vergete stemme pak die blaam.

My rug is geboë, my knieë is seer.
Ek hoor die stemme weer en weer.
Herrinneringe van jare ver verby…
Hulle skree en roep in angs na my!

Ek hoor die woorde, maar hou my doof.
Jy het my hart en siel geroof.
Ek bly verlore swem in jou oë.
Ek besef dit nie, maar ek het myself verloor.

Ek dwaal vergete in die donker aand.
Jy is daar, maar nie, maand na maand.
Gedagtes weergalm teen ‘n leë dop.
En so draai en draai die stemme in my kop.

Steeds in die mistige more probeer ek dink,
met die gedagtes wat in my kop weerklink.
Maar tussen Hemel en Aarde staan ek alleen,
terwyl ek myself van die lewe vervreem…




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed