Liefdesvlam (OPDRAG 7)
sag lê jy my neer
op purper roosfluweel
‘wyl hande liefkosend deur aroma streel
skroeiend brand oor letsels seer
wat smagtend oopkelk toeskulpverweer
my gul nooi tot oorgee en deel
die roete volg wat jou tong proe deur onskuld gesteel
met soekende lippe wat teer liefdessalf aansmeer –
maar hierdie liefdesmelodie
orkestreer ‘n wankelnoot
laat my skugter wegskram
vasgevang in klinkende filosofie
tog smag ek na die ontvlugtingspoort
nou oopgebrand deur jou liefdesvlam.
©Driekie Grobler
12 Kommentare
-
Elroux
Uitstaande gedig Driekie.
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Alet
Pragtige gedig
-
Cornien
Goed geskryf!
-
Loretta Szikra
Sjoe Driekie, pragtige werk.!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Pragtige en mooi verwoord Driekie.