Verleiding (opdrag 7)
Sandaal se gespe losgemaak, trap sy weer
’n kaalvoetspoor deur blom- en kruietuin;
beklee is sy, met bont sarong – ragfyn.
Broos is sy, soos appelbloeisels in hul fleur.
Soms woed die vuur in haar – ’n hunk’rend seer;
midde laventelblou en roosmaryn
val sonlig oor haar vel, saans dans maneskyn
in tango met haar wese. Hy wat begeer
wil haar neerlê onder skadubome,
in koel skemer – warm woorde oor haar vly,
die vorme van haar vrouwees teen hom voel.
En met passie (in middernagse drome)
haar na oorgee tot die liefdespel verlei –
tot verbint’nisse, wat innig deur hul spoel.
© Carma Shaw
21 Augustus 2018
13:58
11 Kommentare
-
-
Elroux
Lieflike gedig Carma.
-
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-
Alet
Mooi mooi mooi
-
Cornien
Wow, Viooltjie
-
Loretta Szikra
Baie pragtig met sterk beelde Carma. Knap werk.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Callie Vermeulen
Pragtig Carma.