Feesmaal
Bring silwer rose en geel sonneskyn vroeg in die môre – dit sprankel met dou. Naas ‘n helder rivier wag ek vir jou – blink langsteelglase vol vonkelend’ wyn. Hier’s ‘n wit tafeldoek en bont servet – kom, vier die lewe met ‘n tuinbanket! © Carma Shaw 22 Oktober 2017
DIE LEWE
Jy is- my hele lewe my Anker- in my lewe jy laat- my bene bewe jy is- al waarvan ek strewe vir jou- wil ek lewe-
VANDAG SE KINDERS
VANDAG SE KINDERS Vandag se kinders, moet respek, vir hulle ouers hê vandag se kinders, wens, dat ouers eerder moet gaan lê ouers, staan altyd op, uit die diepste modder kinders is verbaas, oor hierdie grootste wonder Vandag se kinders, wees lief vir jou ouers vandag se kinders, gee eer aan jou ouers ouers is, […]
FEESTYD IN MY KINDERDAE
FEESTYD IN MY KINDERDAE Lekkerste goeie kinderdae, was dit ooit!! Hoe kan ek dit ooit vergeet, nee nooit!! onthou ek dit nog vars, soos al die gisters verlang ek na goeie tye, saam met al my susters As daar, kuier mense by ons kom moet hul eers, buitekant toe tekom Pappa wil eers, met sy […]
Ek wou nee sê – maar ek het nie
Hatfield se strate was bloupers verlig violet sambrele het oor ons geblom sypaadjies met pers tapyte vermom Oktoberfees negentien-negentig… Sou ek jou dalk weier, toe jy my saamvra – het ek dalk nie vandag, jou ring gedra. * En dit is alles waar Oktober 2017 – Fees Projek
Jolyt
As die lig van die volmaan oor my straal wil ek my skoene uitskop, my hare losmaak my hande hoog gooi, dans asof niks my traak onder derduisende sterre wat saam my verdwaal. want die lewensreis is ‘n Weense wals al galm die simfonie soms so effe vals. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Framboos blom die liefde
As jy vanjaar in Rusland is gaan soek die lentekind Sy ontwaak net met die soet stem van die lentewind. Sy slaap in die Betula-woud waar silverberke blom Met ʼn eike-takkie in haar hand slaan sy die winter stom. Vra haar dat die vlinderbos heeljaar hier sal blom. Dat skoenlappers in swerms reënboogkleure hierheen kom. […]
BLOU OSEAAN
BLOU OSEAAN Vers 1 Blou Oseaan, waar is my liefling heen blou Oseaan, liefling, jy is die enigste een ek ween oor jou in die verte heen ek weet daar is geen ander een Vers 2 Blou Oseaan, waar is my liefling heen blou Oseaan, liefling, jy is die enigste een vêr oor die blou […]
Rabbedoe
Rabbedoe Rabbedoe, jou kaalvoetkind, saggies trippel op die ritme van die wind. Jou vrolike skaterlag, trek almal om jou se aandag. Jy wat nooit terugstaan, maar altyd ‘n weg deur baan. Jy het die wêreld kom verander, met die spoed van ‘n reuse brander. Jy gee nie om wat ander dink, laat nie toe dat […]
Maanlig drome
Ek (en jy) en die sekelmaan het mekaar altoos mis verstaan ek wou ‘n droom vir jou baar onder die maan se wiegende ligsnaar. Iewers in my dol kop se galop los jy toe enkel-reënspore oor die hoogste sandbank in my hart se woestyn. Net soos die stukkie maan in die diep swart hemelruim spartel […]