
Ek wou nee sê – maar ek het nie
Hatfield se strate was bloupers verlig
violet sambrele het oor ons geblom
sypaadjies met pers tapyte vermom
Oktoberfees negentien-negentig…
Sou ek jou dalk weier, toe jy my saamvra –
het ek dalk nie vandag, jou ring gedra.
* En dit is alles waar
Oktober 2017 – Fees Projek
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2017 – Fees projek