okulêr
uit skepel van wind skep ons nuwe asem uit druppel droesem drink ek soos ‘n kind ons lewe raak saai golwe vloei stewig terwyl see – gewrig lenig om ons draai in bakermat gestig wag hy in die hawe tot wind sy seile lig ©Teárlach
Vir jòù op jou verjaarsdag
My wens vir jou, my lief vir die jaar wat voor jou lê, is alles wat jou pragtige hart nog ooit wou hê. Geluk en blydskap meer as waarvoor jy vra vrede en liefde om altyd saam met jou te dra. Mag God se rykste seën neerstort oor jou, mag hierdie dag een wees wat […]
Kerswens
‘n Kersfees wens lê ek voor jou voete neer. Mag God jou ryklik seën, jou hart vol vreugde reën, jou siel se vrugte blom jou vyande vir hulself grom jou sorge wegkwyn. Mag jou drome jou dra en jy meer jyer wees om oor te loop van genade, geluk en vrede. Seënwense vir jou, vir […]
Die bou van ‘n vrou
As jy kyk liewe vrou na jou spiëlbeeld, sien hoe die Vader Sy arms om jou vou voel hoe Hy jou koester, want Hy het jou gemaak sorgvoldig aan mekaar geweef sodat jy op arendsvlerke sweef. ‘n stukkie van die môrester en Sy hart se punt ‘n vegters vuurstorm met ‘n sagtheid soos die wind […]
Jesusfees
Soos die fees gety geliefdes saam bring wyl’ die engle kore Sy glorie besing Loof en prys die Koning seg dank vir elke sëen offer liefde en vergifnis aan elk vir jou geleen ‘n Geskenk is ons gegee- ons Verlosser en Heer elke knie sal buig Sy grootheid te vereer © Carla Visser 12.12.2017
Halleluja vir U genade
Halleluja vir U genade Halleluja halleluja ek sê amen amen op my hele lewe elke woord vol vreugde vol lofprysing en eer vir U genade op my lewe Halleluja Halleluja halleluja die maan sterre met die Suiderkruis God se skeppingswerk my dag – nag sirkelgang sê ek halleluja loof die Heer Halleluja halleluja geskryf vol […]
Denensie nr 5
Kyk, hier is my hande saamgevou voor my prewelende stem, hoor jy my krete saggies na binne ruk? Voel jy my woorde wat hoendervleis oor die hemelwand hef? Proe jy my trane wat wanglangs drup oor niks; oor jou; oor alles en almal want jy het siels-stil geword en ek hobberend in ‘n hel van […]
DIE PAD VAN JOU EN MY
Onthou jy nog die pad van jou en my se eerste punt loop daar by vrolik groet verby Die bultjie op tot bo by ken ek jou dan gly ons af by vrolik lag tot onder in plesier se draai Gelykpad nou verken se bosse deur die vlak lê voor met sinkplaat hier en daar […]
arendsoog
liefde-hang in die lug al waai wind verwoes strandkoors loop hoog glimlaggies en drukkies laat strandtonele flikker wyl meeu dit fyn beskou golwe breek in reëlmaat as bewys van ewigheid witsproei waai verwoes met deinende seestrome wat strate deur baai trek en poseidon om rotse koes duinevlug van bruin valkie wat laag skeer om te […]