Jongste aktiwiteit:

publikasies gemerk "Genade"(Bladsy 63)

huppel-stap twee jongens verby duidelik hul wittebrood by see hang laf aan mekaar en streel liefde so mooi en heilig (vireers) geen siniese ou oom of tannie kom hulle geesdrif nou steel nou is dit net hulle wat bestaan reg en mooi en heilig is liefde saagtand spoel branders uit sit ek en bid dat […]

Druppelprismas Roggelweer en blitse het die nag soos dag verlig dreunend my drome ontwrig met venstertik van druppeldans het reën se nagmusiek soos vioolklank oor tjellodreun nag in watersimfonie deur opbou na crescendo verander tot oggend skoongewas sy lig deur druppelprismas in duisende kleure teen mure laat dans en waterspore in poele langs elke pad […]

Onthou jy die kersliggies in die donker duisende sterre wat skitter en wink die aandster het stil aan die hemel gehang – ‘n wit kristal wat in die swart nag blink – die melkweg het die pad gebaan – die veld silwerig in die doflig van die maan ‘n wonderwêreld in pêrelglans gebaai en die […]

Jý het verstaan, hier waar ek nou staan traanloos onder nog ‘n supermaan het jý uit die bloute sommernet verstaan; sonder oordeel of waan my angstigheid toegesirkel in jou eie naakte sekelmaan gebroke het ek (of ons) met heelwit vlerke probeer vlug; sentimenteel wou ek minute aftel tussen naelstring en skoenlapper – maar monoklinamies het […]

Aan die einde van die dag kom ek staan om bewonderend te kyk na die maan wat druip bo die son wat rand-oor verdwyn in eiesoortigheid van gode-skyn. En in kleur van dié aangeslane goud, voel ek ‘n sielsverlange skielik koud soos die wegslaan-asem van die winter toe die son oor verre rante splinter. (Ek […]

Gegee geleen toevertrou albei ek is veronderstel om julle op te pas maar julle red my lewe keer op keer op keer ek wil opgee maar julle bly lag elke dag omdat julle hartjies bly is en ek weet ek help maar julle help my meer my kinders myne al is ons alleen.

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed