KAAPSTAD SMAG NA WATER
KAAPSTAD SMAG NA WATER Kaastad is droog sonder water so smag die mense na water droog soos die dorre woestyn in mense se harte is hewige pyn die smarte en pyn sal verdwyn dorre aarde wat die son verskroei mense is ge boei om water te besnoei waar hulle harte op die oomblik bloei mense […]
H O O P
hosannas beier deur die sterrenag herdenk die heiligheid van hierdie aand met leë woorde doofstom klanke op die pelgrimstog van H O O P hulde word gebring met wierook, goud en mirre word die stal gevul met reuk van gras genade uitgestort want Vrede die kan ons nie koop sonde word versoen van krip tot […]
in wêreld
gif van wêreld suurdeeg deur alles deur liefdes verklarings oor grense van geloof heen groei binne vrugbare aardes van selfsugtigheid en trots valsheid minus integriteit stig vure van agterdog grenslose jaloesie skindertonge vlamme wat my laat terugstaan: nie van die wêreld ©Teárlach
Hierdie wêreld en sy seer
Oor die veld hang gepêrelde druppels met grasveld al dansend in die vroegmore-wind die hemelse groete van liefde wat bind so hunker my siel na U my heilsame Vader vroeg beaam die voëls met sang U liefde en vrede in U hand gevind bedelend die hart van die sondaar vanwaar my hulp, van U o […]
Die mens, sy Anker en sonde
Woorde wat borrel en bruis laat merke in lewens en harte soms vrede en vreugde soms hartseer en pyn die glinster van die tong subtiel soos die slang in die nag wriemel en krul, wikkel en kul ʼn wrede en giftige spul maar tog dan die wolsagte woorde wat sagkens in ʼn miswolk versluier vrede […]
Als in vyf minute
Die eerste vyf minute na vandag wou ek weer in jou arms kruip so sonder gedagtes of tyd wat my versmoor soos toe ek nog my hand veilig in joune kon vou maar nou moet ek myself in hierdie godverstreke spasie weerloos in wolke wind. Hier sal ek eers moet sweef, my ligstraal-lief tot dagmerke […]
Eensaam
Wanneer die abstrakte afwesigheid van jou frekwensie-draende teenwoordigheid soos bliksemstrale deur my verlate kosmos eggo om verduisterde vlaktes te verlig, weet ek; nou dat jy weg is is alles weer reg. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Somer is ‘n pou
die somer elk’ seisoen word geel en wolke grou na blou belofte wingerdstokke groen en staan getrou die winterreën weg gesteel die lande lag en speel en trotse druiwe pers en ruik soos vrou die glans van son so pronk van pou beleef ‘n bont toneel onreinhede deur gifhete skoongewas sonstale verhelder my gees hierdie […]
Vandag se wag
Jy’t geweet ek wag; oopbek soos Bainskloof se klowe vir ‘n ster beligte nag. “Toe lag jy net, soos ‘n Langstraat slet.” My twaalfde uur het gekom en stil-stil gegaan. Klowe het hul howe gebowe, en jy het letsels vol rowe; vars bloed belowe. Nou wag ek nie meer want die seer het geleer om […]
Besoek aan ‘n grafkelder
Wit is die lelies in jou tuin; ek staar verwilderd na die windharp wat sag op jou stoep wanklank soos die giftige wasbleek warmte wat jy eens om my wou walm. Selfs vrede skuil hier in donker skaduwees van tuinstoele wat lustig na mens wink. Ek klop weer aan die toe deur perfek pas alles […]