Kersfeesgebed – in ‘n tyd soos dié
Sal die nagte ooit weer stil wees soos dit lank gelede was, so heilig en vol vrede met ‘n hemel waarin sterre soos Kersfeesliggies pas? Soms lyk alles dan so donker – selfs die son verloor haar krag. Ons bly soekend na die lig, maar vind alewig dat ‘n skemer altyd êrens op ons wag. […]
Afrika versugting
Agter klip en bos verskans harde, wrede dood wat wag haat omskryfde hartsbestaan mes wat flits in maanlignag in moordendhart gemessel wreed sy moord geëts, gekerf verskuil in dierlikdoods bestaan naastebloed-bevlektepalms rooigeverf wrede oë, waansinnig grynslag onwetend prooi tegemoed waansinnig kruip ʼn satansjagter hunker, smag na gyselaarsbloed Vader, verlos ons van die satansvingers U Seun […]
Aardse Paradys
Kapokbos, roosmaryn, gekneus gespreide kruie kleur en geur strelend soete blomaroma styf gehul in roosknopfleur katjiepiering stingelkruip klimop sprei sy nektargeur kanferfoelie geurrykrank pronkert ruik verdiep in kleur op my knieë staan ek Heer in U tuinpaleis, my Heer nederig Heer, my hart versteur U hand se werk ʼn soete geur
Uitroep na genade
Aan die einde van ʼn ruwe dag sak die son sy kop oor die rante waar die mooiheid en rooiheid van die westerkim ope arms wag dan tuur ek na U oneindig skeppingsprag wanneer my hart deur U melkweg vaar en ek sielerus in U liefdes woorde vind my brose lewe in U sagte hand […]
Gebroke denker
Ek sit hier op ‘n rots, starend na gebroke branderskuim wensend dat ek ons wêreld reg kon dink – sout versoet donker verlig, of vere vang voor dit val; dalk met ‘n nuwe Einstein-teorie oor gebrokenheid Murphy se wette kon herskryf om perfeksie te vervolmaak. Bitter blou van ons oseaan, hemel of lugruim met sienende […]
My hemelhoutkind
Apologie aan Marlene van Niekerk se “Troetelwoorde vir Ogilvie Douglas” my hemelhoutkind (vir outisme) kyk houtlief bitter soos bas het my mond geword ai, die wêreld wat wou dat jy my kind is my hemelhoutkind jou houtoë wat staar fladderende handeblare in die wind voetewortels obsessie oor water rituele lyfboom streng seisoene volg kwalik neem […]
beloftes
blou wolke waai oor dorre duine swanger van vog uit see geskep winkende blou juwele beweeg in dorre binneland blêr skape graspolle waai heen en weer tolbosse pryk kurkdroog droë muur op heining Here bring reën bid elke boer Here bring vrede bid elke gebroke hart bid en vir jou sal gegee word moenie meer […]
eweseer
voor haar het hy weg gekwyn vel en been omtrent net stem oë altyd hoopvol na haar gerig wind dra tyding van mense-pyn moeë skouers sak saggies neer agter elke man bly daar ‘n vrou woorde kan geen gevoel oordra gesig, oë en sagte drukkie dalk onthou hom eerder soos hy was ©Teárlach
U gee vrede en genade
U GEE VREDE EN GENADE As die stofstorm die aarde toe vee en die son verdof in die dowwe blou lug en agter rammel donderweer bring dit beloftes in die tyd van nood ons bid vir trane van Bo gegee trane vir die droe aarde wat sug ons vra vir reëndruppels meer en meer vir […]
HERE U IS
Here U is Here U is my enigste ware vriend ek smag om U vir ewig te dien mag ek U liefde waardig verdien Here U is my enigste ware vriend U het my eerste raakgesien by U kan ek nagte om bid Here U is my enigste ware vriend ek smag om U vir […]