beloftes
blou wolke waai oor dorre duine
swanger van vog uit see geskep
winkende blou juwele beweeg
in dorre binneland blêr skape
graspolle waai heen en weer
tolbosse pryk kurkdroog
droë muur op heining
Here bring reën
bid elke boer
Here bring vrede
bid elke gebroke hart
bid en vir jou sal gegee word
moenie meer bid skreeu vyand
julle is mos nou bevrees
dié wat julle so bid
ons gaan julle
vernietig
Here hoor hulle
smaad en hoonlag
hulle laster U my God
ons tyd raak min o Here
U wil sal geskied
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek