
ode aan dagbreek
oor die donker see kom daar vurige tonge
donker word oorweldig deur son se strepe
alles word oor geverf van oranje tot purper
sagte deinings word lewendige vlam kleure
ronde klipformasies staan uit word sigbaar
wit geverfde strande kruip uit die blou nag
swerms seevoëls streep vanuit slaapplekke
vlieg koel berekende streep formasies oor
branders vorm wit skuim patrone op strand
nog ‘n dag breek langs seë van hierdie land
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek