
die meeu is verslete
vanoggend sny die wind weer gras
sonnige oggend wat hare laat rys
geluid van fisante raak nou skaars
bouwerkerspes trek swart oor veld
verstrooid hou my siel oor duine wag
dat grysbokkies weer moet verskyn
ver oor vlakte staan hul nou en tuur
habitat heeltemal deur huise versuur
hoog bo alles op kunsmatige pale-nes
kyk paar uile dof na helder sonlig uit
veilig vir hierdie tye gered deur mens
wat habitat vir al die ander vernietig
op mure en strate stap huiskatte dapper
ver op een duin sit ‘n inheemse wildekat
met sy skerp oë sit hy alles en bestudeer
sy habitat vernou tot gangetjies verbou
op sy gewone rusplek sit ou man en droom
oor mooie omgewing langs dreunende see
wat haastig verander in metropolitaanse
stadsatmosfeer wat dreig om te versmoor
jare kom en jare gaan verby en so ook hy
stille roep gedra deur meeue se halleluja
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek