Jongste aktiwiteit:

Afrika versugting

Agter klip en bos verskans
harde, wrede dood wat wag
haat omskryfde hartsbestaan
mes wat flits in maanlignag

in moordendhart gemessel
wreed sy moord geëts, gekerf
verskuil in dierlikdoods bestaan
naastebloed-bevlektepalms rooigeverf

wrede oë, waansinnig grynslag
onwetend prooi tegemoed
waansinnig kruip ʼn satansjagter
hunker, smag na gyselaarsbloed

Vader, verlos ons van die satansvingers
U Seun het reeds die bloed gestort
verlos van satans wrede, doodsgemors
ons bid, U vredeshemel ons sin word




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed