‘n Vers vir jou
Met my vinger vers ek jou naam – traan vir traan deurdruppel in ‘n winterskwatryn hierdie lewe was nooit ons s’n nie, en dit wat ek nog wou sê sal vir eers in ‘n vers moet lê want woorde is grensloos soos jou stem nou, spoorloos. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Maanlig drome
Ek (en jy) en die sekelmaan het mekaar altoos mis verstaan ek wou ‘n droom vir jou baar onder die maan se wiegende ligsnaar. Iewers in my dol kop se galop los jy toe enkel-reënspore oor die hoogste sandbank in my hart se woestyn. Net soos die stukkie maan in die diep swart hemelruim spartel […]
Lila mymerings
Fluweel sag kruip hierdie nag oor die voue van my dag my vlerke sleep stofstrepe oor alle helder voetspore en vernielde verlange. Papgeplukte drome val sekuur vas teen die maanlig-mas van hierdie ster beligte nag. Hang my tog teen jou versies vanaand nog, asseblief woord-vir-woord herskryf my tog tot bywoner van ‘n gewone grote bestaan […]
L’art poetique
Myself het ek uiteindelik gevind dis die logos wat my kosmos aanmekaar bind. Jubelend kan ek bely: “Ek is ‘n digter ‘n poëet! Jihaa! Handré-hie-handré! Ek is vry!” My woorde waai wapperend in die wind my muse krul holrug in my bakhand mak gemaak in my gees se skadukant. Gooi my letters in jou rooiwyn […]
Heilige fees
deur oseane sal ons hande hou soos deur duinesand wat korrel en skuif harte wat koer en fladder soos ‘n duif my hart vir ewig aan jou toevertrou . . . my woorde kniel heilig voor jou voete hou fees in jou liefdevolle koelte © Anzé Bezuidenhout
Lag my ‘n lied
My horison strek oor die somer van jou lyf rimpel-gedagtes sweef heen en weer ek hoor hoe jou stem die wind wegdryf ek maak my oë toe vir nog een laaste keer. Stiltes trillend oor skemer se nood ek is alleen, selfs niks, sonder jou en tog, bring jy die eerste herinneringsbrood met die aanster […]
Hart van ys
Op die breë bors van winter lê ek my kop nou saggies neer; ontasbaar ver en (toe)gesper – klappertand in ‘n kleed van kapok koud, stil – enkel in my eenvoud. Ek ken hierdie hart; die kil klop wat koenig gletsers teen berge kan afsuur net om respek te ontplek of dalk nuwe lewe uit […]
Fortuna
In die halfsirkels van jou ribbekas wil ek behore heelword, teen die klop van jou hart myself tot rus sus; uitgedos in die (opr)egtheid van jou genaakbaarheid. Is daar vir só geluksaligheid genade? As mens betowerd van genot; tevrede terugsak in jou eie teuels bloed deur jou are voel pomp wind deur jou hare laat […]
Epitoom
Epitoom Eens wild my hart ongetem uit hom ontplooi beelde waar liefde lyne kon trek om siel en verstand— verby grense se denke en wense te intiem om te verstaan; saam wou ons berge versit. Nou stil my hart getem lewendig dood. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou