DIE ALLERHOOGSTE
Dis ‘n polemiese artikel. Geen kru taal nie, maar religieuse fondamentaliste kan hiermee ontevrede wees: DIE ALLERHOOGSTE Iemand het ‘n artikel oor die ontstaan van die wêreld geskryf☼¹. Hy was nie daarop uit om snaaks (grappig) te wees nie, maar het humorvol ‘n lys van ons skoolwete of -kennis opgestel. En hy het nie vergeet […]
OOR BYBELVERTALINGS
Bybelvertalings — In die lopende gesprek oor bybelvertalings kom by tye die begrip interpretasie voor. — In ‘n radiosending het iemand gemeen dat dieselfde retoriek van 1933 en 1983 weer aan die oppervlakte dryf: — „Ek is ‘n besondere bybeltaal of -styl gewoond (Moses het mos Nederlands gepraat, hoekom nou Afrikaans?).” Of – „Hulle skryf […]
TEENOORGESTELDES SAAMBRING
Teenoorgesteldes saambring [Wat hier volg, het ek opgestel om ‘n tweegesprek tussen ‘n gelowige ateïs en ‘n oortuigde Christen in gang te set; dis ‘n verwerking in Afrikaans van die gedagtes wat ek jare gelede eers duits neergeskryf het. tje] ✽ Beste vriend en kollega, tussen ons twee lê klaarblyklik ‘n kloof insover ek alte […]
Wonderdroom
Sy het geslaap, onder ‘n boom vasgevang in ‘n wintersdroom. Dit was ‘n versterde stem, van ver wat bẩẩh-blah-blah soos ‘n bok sonder bler. Sy wou so graag weet hoe om te gister vergeet. Haar hand het sag rond ge-aai; traan-langs geskoppelmaai. Soet het haar siel gebloei asof sy met Goliat stoei. Verwarring het haar […]
NAWEEK: Olifante
NAWEEK: Olifante Vroeër het die mense geskryf. Ek meen op papier. Álles was toe hardcopy, daar was niks soos „stoor” en copyandpaste en al die dinge wat ons nousedae het nie. Vroeër het mense koerant gelees en boeke en soiets, nie soos nou nie. Dit was die eerste inleiding, die tweede volg: Soos by die […]
LANDREGTE in huidige Opset
LANDREGTE Baie mense „is daarvan oortuig” dat hulle aanspraak op grond het wat eintlik aan hulle behoort, maar waarvan hulle momenteel uitgesluit is. Baie mense „is daarvan oortuig” dat hulle grond besit, wat hulle voorvare op wettige wyse bekom het – òf gekoop, òf deur ‘n regering toegeken, of hoe ook al. Nou bots die […]
Sing jy (maar) van blomme* … (ek sing van vuur)
Die son gloei vanoggend oor die wye Karoo maar elders brand daar treine, of skole – of so nog ‘n vrou, nog ‘n kind, nog ‘n man in die straat verloor die stryd teen die vlam, die rook en die haat. Wie moet hiervoor die skuld kry – en nog smeulende vrae of is […]
Tuin van die gode
in Namibsland se halfwoestyn daar naby Keetmanshoop waar die groenigheid maar skaars is en riviere selde loop waar groot klippe opmekaar lê gestapel deur ‘n hoër hand en delwers reeds millennia al soek na die blinkste diamant staan menig eeu-oud aalwyn steeds dáár deur gode in ‘n tuin gelos om skroomloos – tussen reuse rotse […]
Adderleystraat .
(Nou loop jy so versigtig, Mamma en jy moet mooi kyk waar jy stap, maar laat rus jou hand sag op my arm – dan klim ons sáám die laaste trap.) Adderleystraat Ek wonder of die sypaadjies van Adderleystraat onthou – die klik-klak van jou hoëhakskoene verby die Stuttafordsgebou. En dra die ruite nog herinnerings […]