Ons skuld is vereffen
Al skawend het Hy met Sy kruis aangestap terwyl bloedstrome oor Sy wange aftap ’n doringkroon is op Sy hoof neergesit sodat omstanders daaruit genot kon put Op Golgota word Hy gehys aan Sykruis tussen twee sondaars aan die wêreld gewys met spykers deur hande en voete geslaan stort Maria Magdalena die soveelste traan Met […]
Die volgende dag
… en die wolke Altocumulus in die hemelblou lug terwyl my hart skree van pyn want jy het my weggegee al weer en my mond glimlag want die wolke is so wit teen die hemelblou lug terwyl ek weet ek moet vandag mos eintlik al beter voel want vandag is die volgende dag na die […]
Hartseer illusie
Moeë maanligstraal het jou pad flou belig, teen jou fluweel vel, rein soos porselein, dit terugweerkaats in jou stram gesig. Kalmte het sagkens- veerlig neergedaal, soos son en waters mekaar soengroet, is jou hartseer illusie eensklaps weggeraap. In verbale vry-vlae van wind weggedra soos winter-asem wat in mis verdwyn, in snikhete stil-hitte – van dorre […]
Gee my ‘n land
Heinings impuls skokgolwe roldrade lemmetjiekerf duiwelsvurk pronk op elk’ tweede erf AfstandbeheerDE elektroniese hek batterye gee gees mens word stapelgek Antwoord die deur ’n traliehek keer dubbeldraai sleutel probeer maar weer Waar is die gelag en speel in die nag so sorgeloos vry net die bure en jy Ag dis ’n helse ding wat staalblomme […]
Bitterboet skatte
Soos stofdele tornadodraai aan die Skedelkus se punt Is dit dodelike skerpioen wat tussen spierwit beend’re sy lewensmaat loop vind Geroesde kantel skeepswrak halfmas begrawe in sand verberg sy bitterboet skatte deur erosie van die jare heen wreed aan sy wande verpand Kraai en aasvoël sirkel daarbo met pupille starend verbaas asof hul niks hiervan […]
‘n Donkerrooi steen
Gisteraand het die maan ontplof dit was ’n helder slag soos die flits van ’n kamera in die nag … al wat nou oor is van die maan – ’n donkerrooi steen wat gebroke in die donker lug hang – Die slag se krag was so sterk dit het tot op die aarde gestrek en […]
Ek offer vir jou
”k breek in diep ontferming vir jou ‘n broodjie saam met die visse van ‘n kobaltblou see dan buig ek stom en skep bakhand uit die Eufraat se vloed dat die son weer oor jou geluk sal gloed ‘k doop jou met die hoopvolle wete dat jy kan vergeet om te onthou dat jou seerkry […]
Die rooimaan droom.
… en dit was so duidelik soos daglig (al was dit in die aand) dat die seer wat ek gedink het gaan my breek het my toe skaars geraak. Jou houe en woorde en vloek op vloek op vloek het nie die eerste laag van my bestaan deurgedring nie. … en met ’n glimlag om […]
DIE LEWE
Jaag-jaag saggies slaan die muurklok twaalf wanneer die môreson skelm oor die heuwel loer en die koue vingers van die nag statig sy vertoning uitsmelt op die stil verhoog Voortploeg – voortploeg tussendeur die lewensonkruid wat geniepsig dreig om elke groenkol in my brein deur te vleg met dorings en met pyn en die werklikheid […]
Ek skryf (weer) vir jou (3) …
ek was vandag by die strand gewees gaan kyk hoe branders spoel ek het weer daar jou woorde gehoor “ons is vir mekaar bedoel” ek wou gaan kyk of ek nog jou naam daar in die seesand kry maar die golwe het dit weggespoel getekende hartjie wat sê jy’s lief vir my ek wou nog […]