tu me manques (Silwer)
jy is stadig geknak en verweek uiteindelik middeldeur gebreek by jou sterfbed mog ek skaars vertoef maar jy gaan my solank ek leef ontbreek * tu me manques (Frans) Ek mis jou
Hemelskadu
Liefling, jy is die sterk hart wat die polsslag van ons liefde bepaal, so ons dra jou met trane oor ons wange maar dankliedere in ons harte na ‘n plek waar lang koeltebome en begroeide graniet hul eie storie verhaal. © Zebbie
Storm
Uit ‘n grou stratuswolk aan my hemel se blou giet ‘n potgooi herinnerings aan my en jou nêrens ‘n skuilplek waarheen ek kon vlug toe dit voel ek verdrink in die reën van onthou ©️Elize Kruger 23 Julie 2022
hemelblom (silwer)
uit blomsaad ontkiem sy o so lenteskoondiep somerskitterlag waar vreugare wortelskiet kroonblomgesig tot blaarvalseisoen maar papierdroogblom toe swartryp oë sterverskiet Elizabeth
‘n seeskulpverhaal (silwer)
o kyk die grote waters die skone winterwind het ‘n blouoogseekind gevind in seeskulpfraai kombers toegedraai koudskelet ‘n (ver)leëweeskind
die ander soort moord (SILWER)
die ander soort moord stilstuipe is die sagter weergawe van mishandeling daar is geen fisieke tekens, maar jy is die banneling en gegewe dié realiteit van die manier van moord waarom sal jy bly en deel wil wees van die marteling? ©Marlene Erasmus 20/07/2022
Verlange (Silwer)
Nou tors my siel oor jou seerkry verlies sukkel op papier om woorde te kies die vurige verlange te versag te hunker na iets mooi en nostalgies. © Zebulon Kochk
Hoëveldgedagtes (brons)
Toe dit herfs word was ek joune onbevrees met hart, liggaam en gees hoe sou ek ooit kon raai jou liefde sou soos kosmos, seisoensgebonde wees? ©️ Elize Kruger 10 Julie 2022
Winter inferno.
Winter inferno Ons almal lewe en droom van die “eendag”. Ons gaan deur die seisoene van die lewe, soms met groot blydskap en soms met hartseer. Ons begin in die lente van ons lewe. Ek ontwaak hier in die einde van Junie met die verskriklikste wete van verlies! My asem stol in my borskas, dit […]