winter (Silwer)
wanneer winter jou hart vol lê en jy met koue oë na my kyk vertoef ek bewerig in die ryptrap van ‘n winterlandskap waar jou nypende greep op my verslae binneste my yskoud laat en tot in my siel versteen
Vier seisoene winter
In die ryptrap van ‘n winterlandskap het ek blindelings weggeloop uit die vries-skroei van jou siel se koue vuur in hierdie helle-uur het ek gehoop om die verkluimde hart wat sterf in my met die warm van die trane oor my wange vry te koop ©️Elize Kruger 8 Junie 2022
ek sal jou onthou
vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022 ek sal jou soek in die volmaan se gloed in die ysterklip wanneer die geel gras oor die veld wieg in die hemelhoëhange wanneer jou asem snak in meiringspoort se gange ek sal jou proe in soetwyn en sushi suiglekkers in ‘n blikkie roomys en halva en seafood pasta ek […]
Ek was … (brons)
ek was egmooi vol-lyf-vrou saam met jou maar nou is ek net vol-lyf-leeg sonder jou Elizabeth
Vasdans
Vasdans wilge jou takke om my middel swaai my wiegend heen en weer streel die binnekant van my seer laat ons vasdans mekaar se siele opbeur neem jou blare skerm my wanhopige skaduwee uitgeteer en op liefde opgegee ek soek al so lank na jou ‘n bas vol krake om my nerfaf te skuur van al die […]
Die Ballade van ‘n ballerina
“Niemand mag weet” dink sy, van haar verhouding met die komponis. Die jongmans is vreeslik lasterig op die bus, elke jong russiese man beoog mos om met ‘n ballerina té trou. Maar die japies het mos geen sjarm op hulle. Dis net egotistiese aanmerkings wat vir haar vreeslik kras is. Sy kyk uit die venster […]
die liefde onthou (SILWER)
die liefde onthou in die skemer sit ek en staar na die raam laggend gesigte in sagte pastelwolke blou hand-aan-hand waar ons lugkastele bou reinwit in onskuld ons twee vredig saam ek onthou hoe ons deur liefde verdoof in helder kleure ons toekoms kon skilder waar jy jou ewige trou aan my beloof die besoeke […]
Tussen krake
Sag voel die seesand onder my voete goudgeel blommetjies wat nooit in die wind kan knak dit laat my hart vol seëninge klop wat die Hemelse Vader Vir ons gee, om die liefde so weergaloos te kan eksperimenteer Die branders speel ‘n lied ‘n lied van skelms, skobbejakke, hy sing ook van sjokelade, soene en […]
Die krag van reën. (Brons)
(Opgedra aan die slagoffers van Natal se oorstromings en die boere wat deur die droogte geraak is deur die afgelope jare) Stormagtig het sy haar donker kleed styf om haar toe gevou verwoestende trane om haar gestort haar fyn, groen voete diep verspoel stemme verrys smekend in ‘n hulpkreet oë proe bitter verwoesting gesaai want […]