Geknakte siel Silwer Mei Projek
swart satyn en silwer blom die Here weet, sy is lief vir hom! Met galgegrap haar hart vertrap – die silwerblom se steel is krom silwerblom en gekraakte vaas die lewe is soos venstergaas dowwe oë wat aanhou glo die gekraakte vaas… sê sy is dwaas. dowwe satyn en gedroogte blom DIE HERE WEET – […]
Skakering in harlekyn Silwer Mei projek
roesbessie rooi ryp granaat die kleur van liefde, die kleur van haat rooi is die kleur van die kelkie wyn wat moet troos vir die traan die seer die pyn rooi is die roos in die langsteelglas stille bewys van wat eens was rooi is die son in die oosterlig warm sonstrale dans oor my […]
narsis (Silwer)
ek had alles vir jou veil maar jy het my hart slim gemaneuvreer dit lewend uit my getrek nou hou jy dit triomfantlik omhoog – soos ‘n trofee – waaruit my menswees lang-traan drup…
Woensdag blues (goud)
hulle dra geskenke soos vergete oë- en ons dra ons lyke in die agterstate van woendae rond wat wag op vliegtuie vir gebede na bó ©Morné du Preez
arend storm
– wilde winde ruk my hart skud en skud alles wat was is verlore manies depressiewe gedagtes vloei in strome om my heen so is die arend storm wat in my woed – ©Teãrlach
gemoed
– van lank gelede kom die strewe – golwe wat breek seeplante versteek – skulpe belyn strand witmossel lê op kant – seisoene kom en gaan suidooster laat oë traan – langs die see wil ek leef berge op en af gestreef – dankie vir die dagbreek skilderkwas wat verweek – kolgans kom kondig aan […]
pyn in die puin (SILWER)
pyn in die puin weervoorspelling en berigte van swaar reën goeie neerslag word altyd gesien as ʼn seën huilend die wind wat bome grondwaarts buig stygende strome water wat stilweg getuig: ergste natuurramp in heugenis van die mens alle oë gerig op Durban: in die wêreld se lens “word wakker! kom uit die huis!” doodsbenoud […]
die flou son (SILWER)
die flou son aan moedersknie het jy my soveel dinge kom leer veral jou liefde vir musiek, ons kon kitaar tokkel hoe dikwels het jy my vasgehou – “jou pokkel” jy wou altyd vir my alles gee wat my hart begeer my mamma, jy kon so baie doen met so min jy wou nooit hê […]
Stille waters Silwer 350 Woorde April projek
Die wilger se takke hang laag oor die rivier. Rippelwatersirkels vorm en klok wyd voor dit stil saam met die vloei verdwyn.Ek sluit my oë. Jou klokkielag sny helder deur die oggendmis. Modderspore vorm waar ons aan die kant van die wal paddavissies met ‘n net probeer skep. Gillend hardloop jy wal op wanneer die […]
Loslappie
Ek wou nie weer skryf nog ‘n keer die seer met pen verdryf ek wou nie weer trane stort nog ‘n keer glimlag asof niks skort ek wou nie weer lag nog ‘n keer my mondspiere verkrag ek wou nie meer lewe nog ‘n keer al die pyn belewe en toe, Loslappie met jou vuil […]