Sonhoop
En toe … toe, was die lug toe die hemelblou in haar oë sonverlore raak in die mis daaragter, haar wolksag wimpers herberg sy hartsverlore in digte mis maar onder haar wol(k)kombers vind sy dog sonderling, rus want, die (ge)mis word soos skemerduur voor sonstraalglim van korte uur toe son se soekarms haar bemin Elizabeth
week
– die trane loop sagte spoortjies teen stowwerige wangetjies af druppel vir druppel val dit neer – hartseer na diepe pyn en angs verlore in trauma van geweld staan sy, en bewerig snik sy – hoeveel kinder harte moet voel totaal gebroke in siel versteur onuitveebare skade aangerig – so breek barbaarsheid telkens jeug in […]
DROOMBLIKSEM!
DROOMBLIKSEM! Wag, moenie gaan nie! Maar jy doen dit wrágtag weer. Stilslapers sal die juksta nooit verstaan nie, jou REM-ritme bedwelm als heen en weer. Saans pers jou wit pille vol beloftes my af: skep afwagting maar verlam my. Jy vat dan pad en lag my uit. Angstig ingehok, wil ek jou telepaties indraf … […]
dis-assosiasie
– meeue gesels met mekaar in skorre taal vertel hul aan almal hoe moeilik die lewe van ‘n meeu is kouefront se wind skreeu deur stegies van nuwe en ou geboue en wit geverfde mure van vroeg tot laat klink harde taal op van mense soms barbare, wat gehoor wil wees in hul eie kultuur […]
Spookvoel
Spookvoël Geskryf deur Fanus Strydom April 2022 Woordetal 1550 Malaconotus blanchoti Gryskoplaksman Soms kan mens, vroeg op ‘n koel wintersoggend in die laeveld, die hartseer roep van ‘n Spookvoël hoor. As ‘n mens mooi luister. ‘n Vêr-af weeklaag, iewers diep vanuit die digte ruigtes, en tog terselfdertyd, ook so indringend naby. Hy word selde gesien. […]
Afvallige
Geskryf deur Fanus Strydom Reëltelling 12 Vasgestelde rympatroon Afvallige oop lê die sandvlak en uitlokkend voor my weë wasig en verlate die horison se lyn toe vir my om díe verbode grond te betree verraderlik en dwaas ten spyte van my pyn oop onder my voete tuimel die kranse na benede gulsig om my vir […]
Mensedinge
Woordtelling: 387 Mense is snaakse goete. Hulle baklei en vloek. Hulle dobbel en verkwis geld soos bossies. Party van hulle trou en skei. Sommige van hulle het snaakse houdings. Party is hoogmoedig en andere weer nederig. Tog is almal van hulle deur dieselfde Skepper formeer. Daar is mense wat mooi kan skilder, hulle word kunsternaars […]
Opgee Kreet
𝕆𝕡𝕘𝕖𝕖 𝕜𝕣𝕖𝕖𝕥 (bewusmaking van depressie in hierdie tye) Ek sien myself neergevel op bodems van eindelose val die swaartekrag trek my oormoeg liggaam verder na die mal die verlore gevoel wat in my ore suis ek val en val en val…. …. ….✟ hierdie is my noodkreet hierdie is my geperforeerde uitlaatbuis hierdie is hoor […]
Vaderhoort ‘n moederloos
Vaderhoort ‘n Moederloos Elke groustaar elke noodkreet wat uit my mondjie vaar al my lewenswater verspil oorgespoel in ‘n wêreld wat heeltyd op my gil vir my gril my bly verkleineer reeds soveel kleiner gemaak deur al die seer ek was gevorm genadeloos bestorm gegespe aan die norm afgewring tot hael in die storm getref […]
Sienblinde Oog
Sienblinde Oog Die oë wat kyk wil nie altyd sien sienblinde oog beelde opgedroog vertonings van blindwens drama op my verhoog ©️Wendy Leigh