Druppelgolwe
die reën ween plas konsentriese kringe druppels piering in ʼn poel ʼn snyding van versamelingsirkels kaats verwronge gedeelde elemente blink in tydelike skyfies oorgespoel na oogwink se perfekte rondheid stort die bui neer en neer en versteur wulpse golfkurwes wat kineties uitbrei net om weer en weer die suiwer storie in spatsels se golfverspreidings te […]
Donker
daar is geen maan nie geen lewensklankbaan behalwe die dreunsang van ʼn see en ‘n wolftjank van klam traanwind wat snik oor ʼn swart strookstrand waar golwe my vooruitgangvoetholtes met fosforskuimtonge ont-spoor selfs die melkweg het in melk verdrink en sterglinster het in besoedeling vervaag die daglig het al lank reeds leeggebloei en die […]
sneeu
– teen matroosberg lê die sneeu skapies se ruens steek net uit skaapwagter se stem roep luid sekerlik die diepste van die eeu – die een se brood is die ander se dood – ©Teãrlach
uurglas (brons)
uurglas ek wil warm sonlig in jou uurglas skink wat stadig, stadiger uit sal loop en die taai goue stroop van hoop sal heldergeel teen die kante blink jou weggaan maak my so verskriklik bang want ek weet die leegloop gaan ons vang © Hester Steenkamp
Dis weer lente in die Laeveld…
Hierso, tussen nuwe lewe en oorstelpend-mooie niks wonder ‘n mens soms somber waarom hierdie wêreld so holderstebolder is… …onder die skadukol van ‘n kameeldoring het ‘n sebravul na sonop haar eerste asemteug geneem waar sy japtrappies later loop-en-val in strompelgang teen haar trotse ma kon steun ‘n entjie verder langs die voetpad wat na die […]
Deurgetrapte drumpel
jou drumpel was deurgetrap my huis, my siel, my lief hoe het ek toegelaat dat tyd jou so eindloos verniel verkalk, verbleik met onthou se verwyt het jou laaste groet geraam in my martelaarsdeur en hom herhaal in wind se lied keer op keer brand jou kar se dakliggie met jou laaste kus jou laaste […]
verganklikheid (Silwer)
toe verganklikheid my tuiste se tydlose skermmure binnedring my ontneem van my huis se hart het my onroerende geloof in genadige goedheid gewigloos verskuif tot nét duskant die grens van die straat waar ek woon
Introspeksie (Silwer 364 woorde)
Noudat ek, na jare van swoeg en sweet, wroeg en waag, die kruin van my menslike bestaan bereik het, wil ek (net vir ‘n wyle) asem skep, tot stilstand kom, ‘n oomblik verpoos, omdraai en terugkyk – voordat ek die afdraande (wat voor my uitstrek) onwillig aanpak. Hoekom dan onwillig, sou jy dit dalk vra. […]
PENDELAARSTUISKOMS
PENDELAARSTUISKOMS Jy was nog altyd ’n asem in ons spasie – ons veilige nes, jou halfwegstasie. Ons harte aan flarde toe die tyd aanbreek en jy jou moes oorgee aan desperate frustrasie. Jou siel talm Suid, jou lyf drentel Noord; droewig, ver weg, ploeter jy voort, want jy moes bloot aanbeweeg om na jouself te […]