doksologie
see lê nog waar dit was hoogwater deinende see glad en rustig my weë aan Hom gee ek elke las wie kan teen ons gaan ons omring en beleër ons mense wil onteer as Hy saam ons staan die lewe dans wilde riel al lyk dit hoe onmoontlik Hy bring rus vir my siel ©Teárlach
Stil het hul geword (my ouers)
my ouers gebind met liefde vir mekaar straal die liefde uit na hul kinders liefde het ons behoorlik geken al was dit aan Eer jou vader en jou moeder want beslis het God al die Eer gekry by ‘n ouerpaar wat Godvresend was het hul ons gelei na waardevolle waardes en leef ons dit beslis […]
‘n Stukkie van die Hemel
beleef ek dit nou of beleef ek dit later gewis is daar nie ‘n nou of ‘n later nie want my keuse is gevorm in nou en later ‘n stukkie van die hemel het vorm gevat in my want hier op aarde beleef ek die mag van satan om elke hoek en draai, aan keuses […]
God die kunstenaar
daar is meer kunste in die goue spiraal as in die visuele kuns en baie meer kunste in die oor in die fraktaal in die ontleedkunde en wiskunde in die oggendlig en in die natuurwoning die son wat in die uitspansel skilder in die lugstrale is daar baie meer tekening die wêreld is deur ‘n […]
Splinternuwe jaar
Aan die begin van nog onvoltooide eindes kyk ek terug na die horison se skewe lyne tot waar die son, met sy strale my naam skrywe en ek ongemerk ‘n skoon droom oopskeur. Want soms as mens nog ‘n kans kry kan jy met vars kwashale oor jou hemelruim verf, eb en vloed oor onbekende […]
Soos engele vlieg
Engelmens van my lê gou jou swaard neer jy lyk moeg en jou pad nog ver, jou siel skree in stilte vir skemer, jou oë lyk effens soos myne. Trap mooi en sag in die langgras, want om oorlog te wens oor ‘n pad wat verdwaald lê tussen nou en nooit – asof môre jou […]
Gebed my anker
in gebed is ek geanker want waar God verander kan ek in verwagting naslaan met betragting besef ek met God se werke staan niks meer in skerwe blymoedig is my hart want niemand kan meer tart met God in beheer het ek nooit nie meer seer met beloftes uit Sy Woord kom ek en God […]
nuwe geluk
geluk is selde maklik mense is soms so naar wanneer kry jy klaar dan raak jy ongemaklik leer jy ook hoe swaar geen woord is absoluut kennis is nie altyd nuut dalk ook nie eens waar toe word ek ‘n rekruut van evangeliese woord en Hy maak alles nuut ©Teárlach
kleuter hartjie
kinder hartjie klein en teer vra vir liefde meer en meer hoor jou stemtoon mamma voel jou vaste hande pappa kinder handjie klein en sag voel jou wanneer jy ook lag hoor die deernis in jou stem voel jou kwaad aan soos lem kinder lewentjie skoon op slyt skryf jy lewenswaardes daarop positief sodat jy […]
Ek hou vas, ek Belowe!
Ek wens ek kon jou vashou Ek wens jy was nog hier Ek wens ek kon verstaan hoekom jy weg moes gaan. Ek mis jou soos die blare na reën druppels op hul verlang en die alleenheid in my siel maak my eintlik bang. Daar is hande in die gat die gat diep in my […]