Dis die rede
Dis die rede Meteens vee sy haar skaduwee oor die oog van die reënboog kaleidoskopiese kleure skeur deur haar; goudgeel saffier vou om haar sielswoud. Glansryk sal sy dans vir nog ‘n kans dag en nag baklei vir lewensprag verkennend deur die weg van goed en sleg net om te stol op die wolk van […]
Alfa en Omega
juig almal juig Jesus kom weer nie as ‘n kind in ‘n krip as ‘n man aan ‘n kruis maar as die Almagtige tweesnydende swaard in wie se stem die waters druis as die Alfa en Omega in al Sy heerlikheid wat skyn soos die son op ons ongeregtigheid elke knie sal buig elke mond […]
Herfs het gekom
die dae raak rustiger jou ligblou lug vou veersag rondom my die oker blare dans op die strate ek kan hoor hoe jy lag gelukkig soos ‘n kind jou tyd het gekom ©Roeline 11 Maart 2017 18:30
Agt maal genadig
Hemels – as die son opkom vlam ‘n amber vuur in gloed. Oopbek lag die lelieblom – ‘n nuwe dag kom groet. Te staar na wolkpatrone – wasig’ wonders wat deur ruimte swerf. Weswind ruk aan groenblaar krone, waai reënbeloftes oor my werf. © Carma Shaw 16 Maart 2017
Altyd My Engel
Ma is daar in die hemel; ma is by Jesus. Die mooiste engel – my ma – dit weet ek gewis. En dit troos my hart om te weet ma is veilig; ma is gered. Hy het ma kom haal so onder stille gebed. Ek dink weer aan ma vandag en my vingers – dié […]
Sê Net Dankie
‘n Baba wees gelaat. ‘n Boemelaar honger op straat. En dan het ons nog die “cheek” om soms te kla. ‘n Kindjie afgeknou. ‘n Lyfie seer en blou. En dan voel dit of ons soveel berge dra. Kom ons wees net dankbaar. Wees eerder net dankbaar. Kom ons sê eerder dankie, dankie vir als wat […]
die see roep
elke druppel elke traan elke stroom elke spruit kronkel slinger riviere vrolik lag die stroompies kabbel en singend van ver al gefluister hoe nader die branders hoe sterker die stroom vinnig vloei die water hoe luider dit dreun hoe luider gedruis hoe nader gedreun groter en groter die vreugde lag en lag singend die strome […]
storm en vrede
wie praat met ‘n stem diep soos die donder soos ‘n leeu wat brom en brul? wie kom in die nag sluipend stil soos ‘n dief sy vuurwaens in hul glorie op die wolke! wie verlig die wanhoop van nag soos ‘n weerligstraal! wie roep oorwinnings eggos uit vanaf die kranse troon wie sweef oor […]