Klipdas – warm
Oor die donker koue water in die sagte gesuis van sandstorms oor ‘n goue woestyn verf die maan silwer strepe oor die grondpad na die strand Waar derduisende skuimende skerwe water oor die sagte wit skulpstrand stoot breek ‘n brander met ‘n oorverdowende gedruis Al nader kom die vloed wat sag oor die koud neersak en […]
Heilige ibis*
Die son kom op net waar sy wil en wys haar mooiste kleure oor Blue Downs* en Driftsands* se duine. Sy strooi haar gloed oor wilde tuine wat weinig meer as sand en boegoe is. Sy steek haar kop deur rook en mis en vly haar skoonste lig oor roet en as – dáár waar […]
DONDERDAG: Hemel en hel
Wa voor die os Een van die briljanteste mense – nie wat ek kén nie – waarvan ek gehoor het, is ‘n plattelandse leraar in Oos-Duitsland gewees. Hy het in die sewentiende eeu in Slesië (deesdae ‘n deel van Pole) geleef. Of evangelies of rooms, weet ek nie. Doktor Johannes Scheffler het ook gedig, veral […]
Die Wonder van Betlehem
‘n Wit duif sal rus op die Prins van Vrede Lelie van die velde en helder waterstrome Vlekkeloos onverganklik onverwelklik Deur die Gees self in ‘n maagd verwek Jong meisie, hóe in haar liefde verbly Haar skoonheid teerheid en onskuld! ~ Handjies gevou rustig tevrede Slaap saggies, slaap vreedsaam Jesus kindjie die Seun van God […]
‘n Hofmaak Lied
O’ my geliefde, jou oë is duiwe en hulle lag! Jou lokke warm en sag soos mossies jou hare is donker golwe wat troos en bekoor, jou glimlag hemels vroom en heilig betower en verower, vertel van raaisels en van verborgenheid en diep geheimenisse. Jou rok is kosbaar sonder prys, valleie en elke skakering groen […]
Die gedig is vir ouma
Die gediggie is vir ouma ek het ‘n nuwe ouma gekry en ek moet sê – ek is vrek lief vir haar elke keer as ek haar sien ontmoet ons vir die eerste keer alweer Die gediggie is vir ouma Al is ouma nou anders Onthou ek wie ouma was En weet ek dat ouma […]
Pappa is my fluister in die Wind…
Pa het die ewige lewe ingegaan en my met die pragtigste herrineringe gelos. Ja ek sal nie stry nie, soms is ek hartseer dan mis ek vir pappa, wanneer die lewe erg druk, mis ek hoe pappa my altyd kon dra. Vandag onthou ek pa se glimlag, en pappa is nou ‘n fluister in die […]
Om te droom is ‘n gawe…
Wat sou ons doen, sonder die gawe om te droom? Goedjies wat ons met mekaar kan deel, my hart so jou hart omsoom. Selfs al by dit net drome, is dit tog so mooi, mooier as Pretoria se Jakaranda bome, in herfstyd in pienk getooi. Wat sou ons doen, sonder die voorreg om drome met […]
Kunswerk
God is ‘n digter Hy skryf met weerlig en rym met die reën God is ‘n kunstenaar Hy het die wêreld met jóú geseën
‘N liedjie vir hom
My oudste broer is op 4 Julie 2016 in motorongeluk oorlede. Dit was ‘n groot skok vir die 8 broers en susters wat agtergebly het. Hierdie is ‘n ode aan hom, mag hy rus in vrede. (OP DIE WYSIE VAN STEVE HOFMEYR SE “PAMPOEN”) Sing, sing jou laaste song vir hom Hy het met lang […]