Jongste aktiwiteit:

Pappa is my fluister in die Wind…

Pa het die ewige lewe ingegaan
en my met die pragtigste herrineringe gelos.
Ja ek sal nie stry nie,
soms is ek hartseer dan mis ek vir pappa,
wanneer die lewe erg druk,
mis ek hoe pappa my altyd kon dra.

Vandag onthou ek pa se glimlag,
en pappa is nou ‘n fluister in die wind.
Ek weet ek was verkeer, ek was baie verkeerd,
maar ek glo pa is darem trots op my vandag,
dankie vir die lesse wat ek by pa kon leer,
deesdae word dit so baie in my lewe gebruik,
jammer ek kon nie pappa se hartseer trane keer,
want ek het dit immers veroorsaak,
ek wou nooit pappa se hartjie seermaak.

Die mooiste klank in my ore,
pappa se fluister in die wind.
“Timotheus” hoor ek,
en ek voel weer soos ‘n kind.
‘n Kind met die beste wonderlikste pa ooit,
ek sal nooit vir pa vergeet,
nooit vergeet die lesse wat ek by pa moes leer,
rus sag by die sagte voete van ons Heer.

©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou ..




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Wilma het n geregistreerde lid geword

  • Carlien Lid se profiel foto het verander

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak