Jongste aktiwiteit:

Die Wonder van Betlehem

‘n Wit duif sal rus op die Prins van Vrede
Lelie van die velde en helder waterstrome
Vlekkeloos onverganklik onverwelklik
Deur die Gees self in ‘n maagd verwek

Jong meisie, hóe in haar liefde verbly
Haar skoonheid teerheid en onskuld!

~

Handjies gevou rustig tevrede
Slaap saggies, slaap vreedsaam
Jesus kindjie die Seun van God
In stilte, vrede in heilige Betlehem

Veilig, God self beskerm en bewaak
Midde die nag van geskree en geween
‘n Nag van moord, bloed en plunder
Gevaar doodsvrees en verskrikking

~ ~

Lieflike vriendin, maagd in vervoering
Bekoorlik, bemind en verruklik
Glimlag, lag meisiekind
Liefling teer en jou oë glinster!

~

Soos sterre, wat wyse manne roep van ver
Self te sien en te aanbid die Koning gebore
Die oë van die babatjie Jesus
Vreugdes liggies blinkend vonkel!

Die Ster se lig van verre reeds betowerend
Daar is blye tydings en wonderlike hoop!
Die hele aarde die berge en al die seë
Die wêreld en die hemele jubel en juig!

~ * ~

‘Kom, alle getroues, vrolik en vol vreugde,
o kom in die gees nou na Betlehem!

Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore –
kom buig daar in aanbidding,
ons buig in blye aanbidding,
voor Jesus, die Heer.’




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed