Al wag nodig is …
party sê dis liefde wat gevoel versmoor
en soms ook die lem wat harte vermoor
maar vir ander is dit ‘n honger
wat die wande binne verskeur
en liefde is al wat nodig is
om ‘n hart weer kos te gee
‘n saadjie word ‘n roosknop
wat groei uit liefde bestee
dis die hart wat bang is vir gebreek word
want nooit leer om ‘n wals te dans
dis die droom want bang is nagmerries
wat nooit bereid is vir ‘n kans
dis die een wat nooit geneem word
want nooit leer om van homself te gee
dis die siel wat bang is vir seerkry
wat nie kans kry om bly te leef
as die nag alleen en stom raak
en die pad is eens te lank
en jy dink liefde is eensaam
en geleenthede is net te slank
weet dan, dat in die winter
ver onder alle koud en sneeu
lê die saadjie van verlore liefde
wat wag vir die lente-eeu
en liefde is al wat nodig is
om ‘n hart weer kos te gee
‘n saadjie word ‘n roosknop
wat groei uit liefde bestee
© borrels
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.