Die pers in my blou se verlang
Die nostalgie van die noodlot skilder beelde oor gister en wasem hier voor my teen die ruit op die stad se liggies flikker dof pers-blou soos my gemoed hoekom moes jy so skielik groet ek mis die reuk van kampvure en kitaar snare en die lag van jou hart jou soete reuk my gesmeek die […]
Lente
Die windpomp staant trots met sy staal maanhare, pote geanker in lowergroen vroeglengte gras. Wattebolle dryf lui in die blou en laat plek-plek die son toe om haar arms deur te steek en met goue vingers oor die aarde te streel. Bome staan fier en swaai die deuntjie van ’n nuwe seisoen tussen hulle takke.
Verwisseling
Toe die Môrester vir die Suiderkruis waai en die Haan die oggend wakker kraai het ek my spore in ‘n nuwe woud getrap omdat die hekke van my oubuurt eensaam krap en kraak onder die gewig van die woorde “Hierdie Woordbuurt is nou gesluit. Agt jaar van jou lewe vee ons nou uit” © Zymrly […]
Want jou liefde sê
ek wil my siel in konfetie snipper sodat my wees soos ‘n Lotusblom statig voor jou oë ontvou (om jou elke hartswens so te vervul) dan in die koel skadu’s van jou hart wil ‘k immergroen varings plant sodat ‘n duisende spore vir jou geluk kan saai – jou na Vrede laat draai ja dit […]
traantjies
selfs die see se sagte kus kan nie jou traantjies heeltemal uitvee jy arme verstote misbruikte kind uitwerpsel van ouer-barbarisme wat het jy gedoen om dit te verdien verminkte liggaampie in opdrifsels opdrifsels van die mens se bestaan watter reg het sulke ouers tot lewe watter reg het sulke barbare op tyd om kindertjies te […]
Seisoene van jou
Ek wil die sonskyn en selfs die reënbuie in jou proe selfs as die winter jou omvou wil ek jou vashou vroeg oggend soos die dou grou in jou oë verder as dit wil ek jou gaan haal in die heelal van jou siel daar waar die seisoene jou vorm en skaaf vat my hand […]
Die onsterflikes
met jou tyd wat uitloop met my hart so stukkend hoe kan ek aanhou praat af en toe probeer lag “speel” dat ek nog wil leef dank die Here ons God jou plegtige belofte om – weliswaar onsigbaar – altyd naby my te bly laat my weer na asem gryp © Doret Johnstone-Robertson, Februarie 2016
Ek dink, miskien is dit dalk nou tyd vir HOOP.
Daar is iets anders binne my binne die seer wat ek kry wanneer ek aan jou dink. Dis, sag en lig maar voelbaar bo die seer (al die seer binne my). Ek glimlag (met droë oë) en praat oor jou sonder dat: My hart verkrimp en verder wegsink in al die seer wat ek kry […]
DIG DEUR DIE DONKER
woorde soos die hemelruim sonder maan of ster gekleë vou om my hart vanaand in stille kerslig atmosfeer Here, help my in die duister om deur die donker te dig en goed in alles wat sleg is, te sien in U lig
Nes ‘n skugter veldblom
as jou vingers soos rivier-riete wat met water speel oor die kurwes van my lyf kom lees teken jy nes ‘n blinde liefhê tekens in voelbare Braille vul jy elke dorre bars soos welkome reën sodat ek bloedrooi nes ‘n skugter veldblom kan bot © Anzé Bezuidenhout