Dwaas op dwaas
Dom dwase is volop dis in hul spel en praat maar die dwaas van my gedig is van ’n ander aard. Engels is soms beter dit weet ons goed want die fool van liefde se pil is bitter soet. Dis nie liefde wat seermaak nie sê die slim mense gereeld dalk word mense net deesdae […]
By wyse van bloei….
Die ware horison van my in jou lê onderskeidelik soos die son wyd uitgestrek geel in oranje diep rooi in geel gemeng ñ refleksie so waarneembaar in die oog van jou toenemende kontradiksie wat sagkuns hier voor my afspeel soos ligstrale dans in die wind ongesiens net ñ gevoel hier teen my wang my liberaal […]
Strandlopertjie
tussen gebreekte tinsel wat oor seestrand spoel en ‘n gekraakte bloedrooi bal wat aan die horison hang het ‘k as verlore afvlerkstrandlopertjie oor korrelklip en fyn gebreekte skulp gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap hier het ek my sielsvrede in die ritme van jou hartklop kom vind waar jou liefhê oor my dartel […]
Dom vrae…of is dit?
Liewe Inkers, of Inkenaars, of Inkiete of watookal, ek het ‘n paar vrae aangaande planeet Ink: – Hoe laat weet ek ander Inkers dat ek ‘n nuwe publikasie gelaai het? – Hoe weet ek wanneer ‘n Inkiet wat ek volg, iets geplaas het? – Is daar dalk ‘n direkte skakel na Fb of Twitter ens.? […]
Bosveldliefde
daar lê ‘n stilte in my hart se verlang na waar graskoppe wuiwend dans op die ritme van ‘n somerswind ver weg van stadsgeluide en klingende geld hier waar die dors van my siel ge-les word in savanna veld onder die geel kruin van ‘n Soetdoringboom iewers stil saam neurie aan die verdwaalde Wilger se […]
Die storie van my.
Ek het diamante in my hare en blomme in my oë. Daar is sterre in my lag … maar (ek dink) hulle het vergeet hoe om te blink. Daar is musiek in my loop, ’n gedig in my stem en die storie van my verlede kan gelees word op my vel. Daar is hoop in […]
Totale oorgawe
waar jou asem vlermuis hang soos ‘n snoesig-sag-warm-velkaros verby die krombuig van my skouer tas jou vingers soekend in Braille oor die ronding van my rug kom gee jy doekvoettreë oor ounag-spore van maanligtyd in die helder van ‘n sonskyndag as dan die soet van jou tong my kruike boepensvul met smaak van heuning en […]
Die vier seisoene storie.
Daar is vier strande in my hart. (Amper soos die spoke in daai cliché Kersfees-stories.) En as ek moet begin sal ek sal begin by die verlede my verlede op die warm strand met spierwit sand wat jou voete brand. Daar waar die water warm is en die bome skaars is. Die strand waar al […]
‘n Ewigheid en nog ‘n bietjie
my oog druppel ‘n liefhê traan in die wye oseaan ‘wyl jou asem minnebriewe stuur na die sekelmaan waar dit eggo op ‘n spierwitduif se tortelbaan hoe lank my lief sal die naglug vra en die bruis van die branders sal my antwoord dra ‘n ewigheid en nog ‘n bietjie daarna © Anzé Bezuidenhout
My leef se rede
in die eggo’s van die jasmyn se reuk skil jou koesterwoorde, sag in eerbied (soos reukwerk wat deur my vingers val tot by die poorte van my hart se grendeldeur) sò bind jy my vas in jou heil’ge Jabesgebied dan kom sypel dankiesê (ge)bede as uitbreek- metafore, deur my lippe se keerwalle want die wasem […]