Pelgrimstog van ons liefde
in die warm van jou asem trek ons liefde skadu’s in rympatrone wat sag in diftong deur die vat van jou vingers gly om vir ewig in my hart te bly waar ek dorstig – (soos in die woestyn) my kruike vul soos een sonder ‘n eie wil dan plant ek kosmos sade – (dalk […]
“Europa is ‘n baie mooi plek”
Maar hier in Afrika stap ons (soms nog) agter beeste aan – verby bar fonteine baan ons onse weë oor droë lande en met stofpaaie langs na velde waar daar weiding is. Ons leef bewus van die hemele se blou die louheid van die môre die middagson se skroei. Ons ken sand en ons ken […]
‘n Donkerrooi steen
Gisteraand het die maan ontplof dit was ’n helder slag soos die flits van ’n kamera in die nag … al wat nou oor is van die maan – ’n donkerrooi steen wat gebroke in die donker lug hang – Die slag se krag was so sterk dit het tot op die aarde gestrek en […]
Ek offer vir jou
”k breek in diep ontferming vir jou ‘n broodjie saam met die visse van ‘n kobaltblou see dan buig ek stom en skep bakhand uit die Eufraat se vloed dat die son weer oor jou geluk sal gloed ‘k doop jou met die hoopvolle wete dat jy kan vergeet om te onthou dat jou seerkry […]
Die rooimaan droom.
… en dit was so duidelik soos daglig (al was dit in die aand) dat die seer wat ek gedink het gaan my breek het my toe skaars geraak. Jou houe en woorde en vloek op vloek op vloek het nie die eerste laag van my bestaan deurgedring nie. … en met ’n glimlag om […]
HET JY AL?
Het jy al gesien hoe ‘n weggespoelde eensaam man se spore in die sand wegsink? Het jy al jou vingers by die moddergat se walle om ‘n kleilat saam gevou? Het jy al gaan kyk hoe vleg die vinke nessies by die oorhang by die dam of het jy dalk die mooi van jonkwees vir […]
WOORDE SONDER REDE
Wys my jou wysheid as die son se strale deur ons menswees vensters dros en gister se spoke kruiwa ry om ons foute aan te dra. Kom soek my tussen jou laaste seermaak woorde gekwes bebloed tussen krulgras teen die lewensrand; gaan bêre jou dinamietstok woorde in woordebunkers sonder rede terwyl genesing op die vingerpunt […]
Ek skryf (weer) vir jou (3) …
ek was vandag by die strand gewees gaan kyk hoe branders spoel ek het weer daar jou woorde gehoor “ons is vir mekaar bedoel” ek wou gaan kyk of ek nog jou naam daar in die seesand kry maar die golwe het dit weggespoel getekende hartjie wat sê jy’s lief vir my ek wou nog […]
KAKIEBOS VERLANGE
Krul die vingers van ‘n vergete dag gebroke oor die randjie van my hart vlam die reuk van kakiebosse gestrand in los Karoo sande in die grasveld van my hart weer op. Eggo die weerga van die donderweer oor die leë vlaktes waar die soet reën wegkruip leen die wit melktand wolkies my plas druppels […]
Ek mis jou (net soms)
My duim het die gewoonte om oor my ringvinger te streel onder aan die binnekant van my hand en my hart het die gewoonte om dan soms verras verbaas uitgeboul half hartseer te voel omdat dit nou kaal is … soms soos vandag jare later. © Anria (2016/02/03)