Nageslagte. Nie vir my nie, dankie!
Dit is vir my nogal moeilik om oor “nageslagte” te skryf met die dat ek – om tegniese redes – nooit ‘n “nageslag” van my eie gaan hê nie. Die Liewe Vader het in Sy wysheid geweet ek is nie Pa-materiaal nie. Sien, ek het ‘n natuurlike vrees vir kinders. (Of is dit nou eintlik […]
Oupa se borrelwind blaps
Rayne is ons kleindogter. Die klein japsnoet begin nou oulik woordjies vorm. Vergeefs of sy wil oupa sê. Ons probeer alles. Sy is soos ‘n steeks donkie. Roep die honde, jaag hulle uit, vra vir kos, alles behalwe oupa. Dit is ons naweek met kleinding en Ouma en Oupa besluit om die kleintjies na die […]
Spinnekop kaskenades
Dut net in gistraand toe my foon bitterlik aan’t bewe gaan. Ek sit my foon altyd op vibreer deur die nag. Maar kyk, daai foon klink of hy kouekoors het. Ruk my aan my hare uit ‘n lekker diep droom uit. Dog eers dis ‘n nagmerrie, want die perd […]
Deel 2 Toksiese verhoudings is stille sluipers van die nag.
My droom vir Diamant Divas. Dit is my hartsbegeerte om Diva huis te begin. Hoe meer ek met vrouens te doen kry wat hul eie stryd stry hoe groter groei die begeerte. Ek sien ‘n plek waar heen ‘n vrou kan gaan om genesing te ontvang. Mense wat bereid is om haar aan die hand […]
Die Hoender-meisie van Nooitgedacht
Daar is duisende kilometers se grondpad in Suid-Afrika waar geen mens ooit ry tensy jy daar moet ry nie. Een so pad is die pad tussen Warmbad en Nooitgedacht. Daar het ‘n paartjie Oom Drik (uitgespreek Dirk, maar gespel Drik, oorlat sy Pa disleksies was) en Ta’ Alie ‘n plaas gehad. (Nie Tant Alie van […]
My Huis
My huis daar’s krake in die koepel en skemer in skarniere van geheime deure in die mure van my huis daar’s geluide in die geuwels en kankers in die kelders van vergete dieptes orals elders in my huis daar’s skadus in die solder en husse in die hoeke van stowwerige stories in ou boeke in […]
ROOMYS Kwintet AABBA
ROOMYS Kwintet AABBA Ek wil sing dit is my gunsteling ek eet lekker vanilla roomys in my lekkergoed paradys ‘n versnappering wat kinders vreugde bring © Eleen van Deventer Vorster 19/07/2019
Koning Stefaans van Staden
Ek het van kleins af al ‘n probleem. Nee wag, kom ons stel dit eerder so: Die samelewing het van kleins af ‘n probleem met my. Sien, ek hou nie van harde handearbeid nie. Ek hou nie daarvan om iets op te tel en te dra nie. Ek hou nie van hardloop of selfs vinnig […]
Die nes is leeg (Silwer)
sy’s ingenestel op my skoot – net drie en die sneeuste syste sagste soenste haartjies streel my mond die warm van haar kop en sekondes stil se woelwater deurstraal en grond my ganse wese, is in my hart geëts nou’s sy nie meer drie nie, maar meer as dertig en tussen drie en dertig is […]