MY BESTE TYD
MY BESTE TYD My beste tyd in my lewe my passie waarna ek strewe so hard gewerk in die proses eie digbundel met groot sukses al my drome en gebeure my lewe in helder kleure met groot geopende deure dis die beste tyd in my lewe hierdie boek is my begin met mooi gedigte daarin […]
Drake Vlug
Die draak was té stadig. Die gevleulde draak het klaar die brandende pêrel onderskep en is oppad na die doelpaal. As die blou span weer wen, gaan hy nooit die einde daarvan hoor nie. Hy klap sy vlerke vir ‘n vale en haas agter die gevleulde draak aan. Ver onder hom brul die skare en […]
Griffioene vir die Wen
Die skare juig. Almal is geklee in hul span se kleure. Reuse naaldekokers, geverf om by die verskeie spanne se kleure te pas, staan reg om hul span se plek in die wedstryd te merk. Die hippogriewe proes en gooi hul gesnawelde koppe trots in die lug. Die jeti’s grom; almal klap hul hande oor […]
Plastiek Woorde (565)
Koffiefontein is een van daardie dorpies waar jy elke soort onder die son vind. Tante Kotie weet dit alte goed. Party noem haar dan “Antie” of “Antie Koot” of sommer “Antie Koot van Koffiefontein”. Sy verkies Tante Kotie – dit klink net meer opgevoed. Aai, maar dis die kinders wat haar “Antie” noem wat haar […]
Die Boontjiesop geskenk
As daar nou ‘n substans op hierdie pragtige blou planeet is wat met meer humor bespreek word as Boontjiesop wil ek dit graag hoor. Dit word nie verniet in sekere kulture beskryf as musikale bone nie. Die stapelvoedsel van menige Afrikaner gesin en die bekostigbare proteïenryke aanvulling vir die gemiddelde siel wat nie finansieel sterk […]
Ek ken dit maar net as Fudge
Ek ken dit maar net as “Fudge” Woensdag het die wind lelik baklei met ons en landwyd sy woede en krag behoorlik ten toon gestel. Bome is plek plek omgewaai en ander is kaal uitgetrek en al wat oorgebly het is nou verlepte blare. Vandag … vandag is dit stil. Die wind het weer vrede […]
Swart hings
Swart sê ek jou, pikgitswart soos donkermaan se donkerte. Glimswart soos wat die son oor die rondinge en die kurwes speel. Net die sit was donkerbruin leer; pasgemaak om die ruiter gemak te gee tydens die rit. Hemels! Die verkoopsman, sekerlik ‘n Jood, het my eers ‘n koppie koffie aangebied en my verduidelik van die […]
Verhale van die Oniks Labirint 10 Vlug van Grys
Daphne word met ‘n skok wakker in grys donkerte. Haar hart dawer teen haar bors, reg om die hut in die woud te verlaat of Daphne al reg is of nie. Versigtig trek sy haar leer uitrusting, mantel, masker en stewels aan. Sy versteek die wapens wat die Groen Beskermer vir haar gegee het in […]
Verhale van die Oniks Labirint Vuur in die Donkerte
Blaze trek haar kappie mooi op soos sy die koue tonnels binne tree wat dieper in die Labirint in lei. Partykeer dagdroom sy oor hoe dit moet wees om êrens te woon wat oop is en nie onder die oppervlakte van die aarde is nie. Sy sug soos die bedompige lug haar omvou. Die reuk […]
VROULIKSTE VLINDER OPDRAG 6
VROULIKSTE VLINDER OPDRAG 6 Oud Griekse renaissancekunsskilder vorm ‘n grasieuse vrou soos ‘n vlinder hopelose argeologiese egbreekster die vroulikste verleidster van vrede en vrugbaarheid ongehoord en knap was haar verluid hoogleraar in kunste en literatuur legendariese oudtydse skilderkuns figuur uit wetenskap en kunswerk lewer sy vermaak beeldskone skame liggaam so naak die vrou van skoonheid […]