Gebrande Rook
‘Die versekeringsmaatskappy het ons oor jou gewaarsku.’ ‘En tog is ons hier,’ antwoord ek, nie seker waarvoor hulle soek nie. Die rook vul alles; steek alles weg; wys net dele van die storie. ‘Wat is daardie reuk?’ vra die brunet en trek haar neus op terwyl sy deur die rook tuur asof sy iets kan […]
Ligte
Sy droom in wit en swart. Dit is die enigste manier om deur ‘n dag op die kleurvolle mallemeule te kom. In haar drome is die wêreld in perfekte kontras. ‘n Wit-en-swart hoender kan selfs twee verskillende hoenders wees as die lig net reg val. Sy skrik wakker toe die swart kat wat haar drome […]
Nommer Pas
Twee vriendinne gaan uit om klere te koop. Hulle het nodig om bekostigbare uitrustings te kry sodat hulle nie dieselfde klere meer as een keer ‘n week aantrek nie. Om elke Maandag dieselfde uitrusting te dra is een ding, maar om dit drie keer ‘n week te doen is onaanvaarbaar. Tog, om klere te vind […]
Kasteel van Drome
‘Jy kan vergeet wie jy is in ‘n plek soos dié,’ fluister Tiny. Ek kyk nie terug na die reuse man nie, maar ek weet selfs hy voel klein in die biblioteek waar ons staan. Ek het onbelangrik gevoel van die oomblik toe die ligte aangegaan het. Die rakke hou aan vir ewig en bevat […]
Mense wat anders is
Mense wat anders is. Die tannie met die groen hare stap knyp-knie toilet toe. Ek glimlag. Die toilet is ‘n hele entjie in die gang af. Sy sal moet ‘pikkewyn’ as sy dit betyds wil maak. Ek kyk om my rond. Die mense hier om my is anders. Nie anders soos in ‘van-‘n-ander-planeet-af’ nie, net […]
Aarbeie op my sjokoladekoek – my ding.
Aarbeie op my sjokoladekoek, my ding! ‘n Oulike hondjie, ‘n katjie of vriende op eksotiese kuierplekke. Resepte vir eiers. Lewensraad oor die soek van ‘n lewensmaat, die slaggate en die alewige bybelversie. (Ek ken die woord, dankie) ‘Goeiemôre, ek hoop jy het lekker geslaap in Jesus naam’. Nog ‘n resep, dié een vir koekies. Aborsiewette […]
Ontwaking van die Natuur
Dit begin met ‘n gefluister. Die wind ritsel die blare en los ‘n boodskap vir dié wat dit kan hoor. Die fluister vloei, vat en vlei totdat dit nie meer geïgnoreer kan word nie. Blomme, akkers en ander word wakker. Hulle strek en maak hul oë oop om te sien wat die wind wil hê. […]
Veg as die Vyand
Die hele kasteel bewe soos die deur tussen wêrelde oopgaan. Die ligte van die kandelare flikker en gaan dood. Neil hou dit alles sonder emosie dop; hy het dit als vantevore gesien. ‘n Gefluistery kom deur die oop deur. Fluisteringe van verraad. Fluisteringe van rugstekery. Fluisteringe van… Diane sug en hou op om te tik. […]
Die Rooiwyn digter
Die rooiwyn digter Saterdag aand het gebreek Hy staar na die skoon blad wat in sy oë vas steek Leë lyne wat honger aan hom vreet Hy vat ‘n sluk van sy rooiwyn onoortuigend gereed Sy woorde het hom verraai Van hom vergeet, dood eenvoudig sy wang gedraai Dit is somtyds die probleem met ‘n […]
Based on half of a half true storie
Based on half of a half true story Op ‘n verdwaalde grondpad se onvolmaakte draaie Oortuig ek myself angstig dit lyk na bekende paaie Waar ek probeer oorleef, stap ek en skryf gedigte op die dubbel stof blaaie Die son pik aan my lyf, soos ‘n karkas wat verteer word deur kraaie Ek kyk terug […]