Het drome ‘n vervaldatum? Deur Lynelle Clark
“Ma, Pa… ek het fantastiese nuus!” Nellie het deur die tuin gehardloop tot waar haar ouers onder die koelte boom gesit het. “Waaroor is die bohaai?” “Pappa, ek is in!” het sy gegil van vreugde. “In by wat?” Haar pa se kenmerkende frons afgeëts tussen donker groen oë. Oë sprekend van haar eie groen poele. […]
Pastoriekind
Die kerkklok lui 07:45. “Lanie wil hê ons moet oor ‘n uur in die kerk wees,” sê Mamma van Rooyen. Teen 08:30, ‘n halfuur voor kerk, is al vier van die gesin aangetrek, gevoed en prim en proppers vir die erediens – en dit sonder n gedreig en n geskree! Maar dit is waar die […]
MEVROU…. Ê, DOMINIES
MEVROU… Ê, DOMINIES Hede nee, dit sal nie eers help jy vra jou slim kleinkind om Ankersrust te GoogleMaps nie! Sal nog minder help jy vra daai GP? (kan nou om die dode nie onthou nie… Weet dit begin met iets wat ou Sannie verlede nagmaal op haar kerkhoed gehad het; lawwe vrou, tsk), hoe […]
Pandora Box
Pandoras Box (Flentertjies) Amanda is nie lus vir die plek vanaand nie. Klein Nellie is juis so siek en nou het sy nie keuse gehad om haar by ou tannie San te los nie. Ag Here kon my lewe nie anders gewees het nie? Tan San dink sy werk by ‘n bar as ‘n barlady. […]
Die rooi dag
Die rooi dag Broer Witboy staan op die boonste trappie en hou die broers en susters met ʼn valk oog dop. Dis nie ʼn gesonde ding wat nou in Pastoor Johan se gemeente aan die gang is nie. Sy een hand in sy netjiese grys pak se broek sak gedruk. Met ongeduld krap hy sy […]
DIE KRITIKUS
ORRELIS Ek sing my hart uit voor ’n swart plank op ’n leë verfblik; my gesangeboek balanseer teen ’n baksteen, my vingers gly op en af – ek is ’n orrelis in my verbeeldingswêreld. Ek kyk kamma-kamma na die note voor my, blaai om, trap met my voete op die onsigbare pedale en trek aan […]
Terug
TERUG Die soetmuf papierreuk…. en letters en woorde stroom deur na die lamplig tuimel uit soos tevore en ritsel en voetstap saggies trap op die stofmat want Brolloks en Bittergal wil jou opraap en wegvat En luister net – Lúister wat die fyndruk wil fluister *’n Biblioteek was nog altyd vir my ‘n plek van […]
Bos van Nagmerries
Dit is soos ‘n herinnering aan ‘n droom. Maar die hout splinters wat in my arm brand, belowe dat dit regtig is. Pyle flits verby en in die bome rondom my ingebed – byna mis wat bedoel was om dood te maak. Nog ‘n projektiel kom naby verby, net my bene wat onder my ingegee […]
Nagmerrie onder die Olmbome
Om in die bos te woon, was lankal ‘n taboe. Tog het Danni geen keuse gehad nie. Net haar tatoeëring het haar beskerm teen die monsters. Net haar ring het haar aan haar susters verbind. Op ‘n sekere punt het die bome genoeg verander dat selfs sy wat deel was van ‘n boom binne een […]
Grys Skakerings
‘Jy is nou een van hulle,’ fluister sy. Rillings vee oor my terwyl ek kyk na die trio wat in ons rigting grinnik. Ek wou dit nie glo nie. Tog … toe ek my oë toemaak, kon ek steeds alles rondom my sien, hoewel dit in grys skakerings was. ‘Wat gaan jy doen?’ vra Alyssa, […]